Jennifer Lopez
Het jy gehoor?

Jennifer Lopez se korter haarstyl én dieet onthul

Jennifer Lopez lyk altyd op haar beste! E! News berig oor dié sangeres se trendy, korter kapsel, én sy deel van haar dieetwenke met People

Nes talle bekendes spog Jennifer nou met ’n lob (lang bob).

Sy het dié foto van haar korter kapsel met haar meer as 18 miljoen Instagram-aanhangers gedeel.

FOTO: Instagram  jlo

FOTO: Instagram jlo

Die 45-jarige ma van twee het onlangs die #BeTheGirl-uitdaging bekend gestel, om meisies aan te moedig om vir tien weke gesonder te eet en meer aktief te wees.

“Ek ontneem myself nie van kos nie, maar ek het al geleer dat dit belangrik is om ’n gesonde leefstyl te handhaaf. Ek het altyd gesonde peuselhappies soos vrugte en groente byderhand,” het Jennifer aan People vertel.

Belebuzz deel JLo se dieet op ’n tipiese dag

Hidrasie
Water deur die loop van die dag

Ontbyt
BodyLab TastyShake Berry Berry Good-smoothie met:
3/4 koppie aarbeie
1/4 koppie bloubessies
1/4 koppie frambrose
1/4 koppie Griekse jogurt
1/4 eetlepel kaneel
1/4 eetlepel heuning
1/4 teelepel vars lemoensap
1/4 koppie ysblokkies

Middagete 
Slaai van krulkool (kale), groot stingels verwyder en blare fyngesny, met:

2 eetlepels geroosterde pampoensade
2 – 3 eetlepel vars lemoensap
2 eetlepels olyfolie

Peuselhappie
1 appel

Aandete
1 beenlose, vellose, gebraaide hoenderborsie
1/2 koppie Brusselse spruite
1/2 koppie gebakte yam (’n soort Amerikaanse patat) met seesout

Nagereg
1 sjokoladekoekie

Totale kalorieë:
1 392

En wie kan stry met die resultate van haar dieet?

Kanye West het dié foto van sy vrou, Kim Kardashian (links), en Jennifer geneem by dié jaar se Met-gala.

With my idol @jlo by Kanye

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Bron: E! NewsPeople en Belebuzz

Lees nou