Jennifer Lopez
Het jy gehoor?

Jennifer Lopez soek nóg kinders

Jennifer Lopez is reeds die trotse ma van die tweeling Max en Emme, en sy het aan E! Online verklap dat sy haar gesin wil uitbrei.

Die 45-jarige ma sê sy wil graag nog kinders hê – as dié geleentheid oor haar pad kom.

“Ek weet nie of dit vir my bestem is nie, maar dit sal baie lekker wees!”, het sy aan E! Online gesê.

 

Haar tweeling, Max en Emme, wat sy saam met Marc Anthony het, word op 22 Februarie 7 jaar oud.

jennifer lopez

JLo en die 27-jarige danser Casper Smart is sedert 2011 ’n aan-af-paartjie. Hy het in die verlede ook al aan E! Online gesê dat hy graag wil kinders hê.

Casper en JLo FOTO: Twitter
Casper en JLo
FOTO: Twitter

Bron: E! Online

Lees nou