FOTO: A Pea in the Pod

Het jy gehoor?

Jennifer Love Hewitt se dubbele geluk

Jennifer Love Hewitt het gister haar eersteling verwelkom – maar dis nie al nie, sy het ook onlangs in die geheim getrou, berig US Weekly.

SARIE.com het vroeër die jaar berig dat die aktrise Jennifer Love Hewitt en haar medespeler op die televisieprogram The Client, Brian Hallisay, hul eersteling verwag. Maar dié twee het besluit hulle wil trou vóór die pienkvoet opdaag.

Jennifer het probeer om ’n stres-vrye swangerskap te hê en het baie tyd uit die kollig spandeer. Sy het wel ’n kraamdrag-reeks vir A Pea in the Pod ontwerp (hooffoto).

Die paartjie het in 2012 begin uitgaan toe hulle op die stel van The Client List verlief geraak het. Hulle het voorheen ook saamgewerk aan die reeks Love Bites.

Nóg ’n aktrise swanger

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Sy het ons aandag getrek as Vivian Cash (Johnny Cash se eerste vrou) in Walk the Line en ons harte gesteel in die oulike televisiereeks Once upon a Time.

Nou is Ginnifer Goodwin (links) en haar verloofde Josh Dallas ook opgewonde vir die koms van hul eersteling.

Dié swartkop-aktrise en Josh het, nes Jennifer Love Hewitt en haar man, as mede-sterre op ’n televisieprogam mekaar ontmoet. Hulle liefde het in 2012 op die stel van Once upon a Time begin blom.