fireshot_capture_052_burg_s_no_1_hit_music_station_94_7_highveld_stereo_jo_www_highveld_co_za_raw_toystory_main_asp
Het jy gehoor?

Jeremy Mansfield kry ‘n rol in die nuwe Toy Story 3

“Dis nou amptelik en als is gefinaliseer. Ek’s ‘n groot aanhanger van Disney.Pixar, en dit is ‘n eer om gekies te word,” het Mansfield Dinsdagoggend op die lug gesê.

Mansfield gaan die stem wees van Lifer, ‘n Chatter-telefoon wat in ‘n speelgoedboks by ‘n kleuterskool woon.

Daar is groot opgewondenheid rondom die bekendstelling van Toy Story 3. “Ons is veral opgewonde daaroor om Jeremy Mansfield as stemkunstenaar te hê,” het Rick Dempsey, die senior visie-president van Disney Character Voices gesê. En onder leiding van Rick sal Jeremy se stem opgeneem word vir die Suid-Afrikaanse fliek- en DVD-vrystelling van dié fliek.

Lees die volledige storie by www.highveld.co.za

Volg Jeremy Mansfield op Twitter.

Nuwe Toy Story-vriende
Onder die nuwe gesigte in Toy Story 3 tel Barbie se bachelor-vriend, Ken (stem van Michael Keaton), ‘n ystervark genaamd Mr. Pricklepants (stem van Timothy Dalton) en ‘n pienk, aarbei-gegeurde teddiebeer genaamd Lots-o’Huggin’ Bear (stem van Ned Beatty). En dan natuurlik Lifer, die Chatter-telefoon (stem van Jeremy Mansfield).