Jersey Boys neem Suid-Korea oor. FOTO: Instagram (@manocastis)

Jersey Boys neem Suid-Korea oor. FOTO: Instagram (@manocastis)

Het jy gehoor?

Jersey Boys nou in Suid-Korea

Die Suid-Afrikaanse produksie van die musiekblyspel Jersey Boys, wat verlede jaar in Johannesburg en Kaapstad opgevoer is, is op die oomblik in Suid-Korea en Emmanuel Castis speel fotograaf…

Die geselskap het verlede week in Seoel, die hoofstad van Suid-Korea, geland. Emmanuel vertel op Instagram en Twitter dat hulle vir die volgende twee en ’n half maande hier gaan bly.

Emmanuel het dié foto vanuit 'n toerbus in die Suid-Koreaanse hoofstad, Seoul, geneem. FOTO: Instagram (@manocastis)

Emmanuel het dié foto vanuit ‘n toerbus in die Suid-Koreaanse hoofstad, Seoel, geneem. FOTO: Instagram (@manocastis)

ADAM se nuwe lid was in Sunset Boulevard

Intussen deel Emmanuel op Instagram foto’s van al die interessante plekke wat Jersey Boys in Seoel besoek. Hulle was al op die Koreaanse TV-program, Star King, en het ook al radio-onderhoude in dié stad gedoen.

Jersey Boys se Carmen Pretorius gesels

Jersey Boys word op busse in Seoul adverteer. FOTO: Instagram (@manocastis)

Jersey Boys word op busse in Seoel adverteer. FOTO: Instagram (@manocastis)

Op Emmanuel se foto’s sien ons toerbusse met Jersey Boys se advertensies op en selfs plakkate buite die stad se Blue Square Theatre. Vanoggend was die Jersey Boys-sterre ook op Seoel se MBC Radio.