FOTO: Instagram jesseclegg

FOTO: Instagram jesseclegg

Het jy gehoor?

Jesse Clegg se nuwe enkelsnit en musiekvideo, “Use Me”

Duidelik ’n geval van aardjie na sy vaartjie! Nes sy ikoniese pa, Johnny Clegg, kén Jesse Clegg van musiek-maak. Sy splinternuwe enkelsnit “Use Me” is verlede maand bekend gestel en is reeds ’n gunsteling onder plaaslike radio-luisteraars en op iTunes.

Jesse verduidelik wat “Use Me” geïnspireer het: “Liefde kan ’n inspirerende en verfrissende emosie wees, maar daar is ook afbrekende oomblikke wanneer dit ’n obsessie raak … Die liedjie vertel die storie van iemand wat in ’n verhouding is wat beide mooi en chaoties is en uiteindelik betekenis vind tussen die spanning.”

Jesse Clegg

Laai Jesse Clegg se “Use Me” HIER af.

Dié musiekvideo, wat al 50 000 op YouTube gekyk is, is by die Nasionale Park in Wildernes met die nuutste drone-tegnologie geskiet.

Jesse is tans besig met sy nuwe album, wat teen die einde van dié jaar bekendgestel sal word.

Sy pa, Johnny Clegg, is vroeër dié jaar deur koningin Elizabeth met die gesogte OBE (Order of the British Empire) vereer.

Lees ook