FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Is Jessica Biel en Justin Timberlake swanger?

As ons die gerugte kan glo, is die aktrise Jessica Biel swanger met haar en sanger Justin Timberlake se eersteling.

Die gerugte is nou al oud, maar dit is glo nou bevestig: Volgens die oorsese media gaan dié pragtige paartjie oor 6 maande vir die eerste keer ouers word.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die paartjie, wat al vir 2 jaar getroud is, se bewegings word nou fyn dopgehou. Daar word oor elke “babamagie” van Jessica bespiegel.

Of dít regtig ’n baba-maag is, sal ons nog moet sien!

Beide Jessica en Justin het al in die verlede genoem dat hulle graag ’n gesin wil hê. Hulle het mekaar in 2007 ontmoet en het in 2012 getrou.

justin_timberlake_300

Bron: Radar Online