FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jessica Biel en Justin Timberlake se eersteling op pad? PLUS húlle pienkvoete word in 2014 gebore

Die ster-paartjie, Justin Timberlake en Jessica Biel, verwag glo hul eersteling. PLUS dié sterre gaan ook in 2014 hul pienkvoete verwelkom!

Die 31-jarige Jessica was nêrens te sien toe haar man, Justin, by die Amerikaanse musiektoekennings (AMA’s) opgetree en met die toekenning vir Gunsteling pop-rock kunstenaar weggestap het nie. Sy was weer afwesig toe hy die populêre program Saturday Night Live aangebied het. Die tonge was los en gerugte het rondgevlieg dat dié paartjie wat in 2012 getrou het, op skei staan.

Jessica het vinnig die skindertonge stilgemaak met dié twiet tydens die AMA’s:

Maar nou sê mense in die binnekring dat Jessica se afwesigheid nie ’n teken van ’n wankelrige huweliksbootjie was nie, maar eerder dat Jessica swanger is.

Die anonieme bron sê dat Jessica reeds ver in haar swangerskap is en daarom probeer om die kameras te vermy. Hulle gaan glo nog in dié maand die goeie nuus met die wêreld deel.

Dié bekendes verwelkom ook hul babas in 2014

Bronne: iDesign Times, Huffington Post