one use

Jessica Biel FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S

Het jy gehoor?

Jessica Biel is swanger

Nou, ja! Hollywood het tans meer babanuus as flieknuus. Jessica Biel en Justin Timberlake verwag hul eersteling. Só berig Hello.

Die paartjie het die goeie nuus probeer stilhou, maar Justin se voormalige N Sync-groepslid, Joey Fatone, het dié geheim verklap. “Hy’t my ‘n ruk terug vertel, en ek’s my mond gehou. Maar nou kan ek daaroor praat” het hy vir In Touch-tydskrif gesê.

“Jessica is wonderlik! En Justin is in sy hart net ‘n kind. Hulle sal goeie ouers wees,” het Joey gesê.

Justin Timberlake jessica biel lees nou block

Die babanuus kom saam met die opening van Jessica se nuwe kinder-restaurant, Au Fudge, amper soos ‘n mini-Soho House. Volgens bronne gaan ‘n A-lys-ma’s en -pa’s hul kinders sonder kommer hierheen kan bring. Die restaurant-bakkery gaan ook organiese kos bedien.