Het jy gehoor?

Jessica Biel word deel van die New Year’s Eve-span

Die aktrise Jessica Biel het ingestem om deel te word van die New Year’s Eve-span. Die lys van al die akteurs wat gaan speel in dié romantiese komedie sluit ook vir Jake Gyllenhaal, Ashton Kutcher, Robert De Niro, Lea Michele, Hilary Swank en Michelle Pfeifer in.

Die film gaan oor die romantiese hoogte-en laagtepunte van ’n groep New York-gangers deur die verloop van ’n enkele oujaars-aand. Lees meer hiervan op insidemovies.com.

Die film volg in ’n sekere sin op Valentine’s Day, wat in Februarie 2010 in teaters te siene was. Maar om te wys dat New Year’s Eve tog ’n film in sy eie reg is en nie net nog ’n opvolg-film nie, gaan Biel ’n heel nuwe rol vertolk. Volgens The Hollywood Reporter vertolk Biel die rol van ’n swanger vrou wat probeer om die kontantprys te wen vir die eerste baba wat in die nuwejaar gebore word. (“Hold it in, honey! Daddy needs a new pair o’ shoes!”) – collider.com

Hulle gaan begin om die film te skiet aan die einde van dié maand in New York.