Het jy gehoor?

Jessica Simpson deel foto van haar dogter

Soos enige trotse ma dink Jessica Simpson haar kinders is net die oulikste en wil dit met die wêreld deel …

Jessica Simpson het dié foto van haar 15-maande oue dogter, Maxwell, met haar 6.7 miljoen Twitter-volgers gedeel.

Sy het die onderskrif, ‘Maxwell is ongelooflik mooi’, bygeskryf. Die 33-jarige sangeres wat ook ‘n mode-ontwerper is, het net verlede maand geboorte geskenk aan Maxwell se boetie, Ace Knute.

Jessica Simpson kies gewone vroue as modelle vir haar nuwe klerereeks

Alle oë op Jessica se gewig

Jessica en die Amerikaanse voetbalspeler Eric het nie op hulle laat wag nie, want Maxwell is net bietjie meer as ‘n jaar ouer as Ace. Sy het ná die geboorte van Maxwell 27 kg met behulp van Weight Watchers verloor en dié dieet gevolg tydens haar swangerskap met Ace.

FOTO: Jessica en Eric Johnson

“Met die eerste swangerskap het ek geëet wat ek wou en ek het dit regtig geniet. Hierdie keer, omdat ek steeds die Weight Watchers-benadering gevolg het, het ek baie gesonder gevoel,” het Jessica aan Ellen DeGeneres op haar kletsprogram gesê.

Jessica Simpson verloor 18 kg in 4 maande – foto

Arme Jessica het omtrent druk om haar gewig te verloor, omdat sy die gesig van dié dieetprogram is. Volgens haar kontrak moet Jessica viets en fiks bly, anders verloor sy haar kontrak en met dít miljoene dollars …