FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Só het Jessica Simpson gewig verloor ná swangerskap

Jessica Simpson is trots daarop dat sy haar swangerskapgewig vinnig verloor het ná die geboorte van haar tweede kind, en met goeie reg, want anders as baie ander bekendes het sy dit op ’n gesonde manier gedoen, berig E! News

Nie net is sy die gesig van Weight Watchers en eet daarom baie gesond nie, sy oefen ook graag. Maar die 33-jarige sangeres sloof haarself nie in die gim af nie. Dié ma van twee kry genoeg oefening deur saam met haar oudste dogter te speel.

Die 2-jarige Maxwell hou haar ma glo besig en hulle speel graag in die agtertuin van hul huis. Jessica sê ouerskap is die lekkerste vorm van oefening nóg. Haar jongste, Ace, is nou 8 maande oud.

Só lyk die oulike kinders van Jessica en ander sterre

Jessica haar oulike dogter Maxwell FOTO: Instagram (@jessicasimpson)

Jessica haar oulike dogter Maxwell
FOTO: Instagram (@jessicasimpson)

Jessica geniet dit ook om in die natuur te stap en bieg dat sy 3 keer per week probeer om by die gim uit te kom, maar dat sy nie obsessief is oor oefening nie.

Jessica by haar jongste - Ace Knute Johnson FOTO: Instagram (@jessicasimpson)

Jessica by haar jongste – Ace Knute Johnson
FOTO: Instagram (@jessicasimpson)

Jessica Simpson slaan asem weg in advertensie

Jessica het dié foto van haar gespierde bene in ’n oranje minirok op haar Instagram-blad gedeel. Sy het bygeskryf dat sy baie trots is op haar gewigsverlies tot dusver.

Jessica Simpson FOTO: Instagram (@jessicasimpson)

FOTO: Instagram (@jessicasimpson)

Jessica se onthulling laat ons baie dink aan Penélope Cruz wat onlangs gesê het dat sy haar lyf ná die geboorte van haar dogtertjie teruggekry het omdat sy geborsvoed het. Lees haar storie hier.

Kate Middleton het ook ná die geboorte van prins George nie gehuiwer om haar post-swangerskaplyf vir die wêreld te wys en nié haar mamma-maag onder klere weg te steek nie.

Ons hou van al die bekende ma’s wat natuurlik gewig verloor en trots is op hul lywe! WAT DINK JY DAARVAN? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

BRON: E! News