FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Jessica Simpson slaan asems weg in nuwe advertensie

Jessica Simpson, aktrise en ma van twee, het verlede week aandag getrek toe sy ’n stywe swart rokkie vir ’n nuwe advertensie gedra het.

Dié advertensie is vir Weight Watchers, ’n Amerikaanse maatskappy wat mense aanmoedig en help om ’n gesonde leefstyl te handhaaf en sodoende ook ekstra gewig te verloor. Jessica, wat ’n ambassadeur van Weight Watchers is, het al openlik gesels oor haar probleme met gewigsverlies sedert haar eerste swangerskap.

Biggest Loser verloor 60% van haar liggaamsmassa

Sy het ’n foto van haarself op die stel van dié advertensie op Instagram gedeel en lyk fantasties.

“Ek is nie ’n supermodel nie. My lyf herstel nie soos ’n supermodel s’n nie. Ek is net ’n gemiddelde vrou wat probeer om goed te voel en gesond te wees vir haar dogter, haar verloofde en haarself,” het sy ná die geboorte van haar dogter, Maxwell (2), gesê.

Jessica Simpson is nou ook op Instagram

Na dié swangerskap het sy sowat 27 kg verloor deur Weight Watchers se program te volg. Verlede Junie is Jessica se seun, Ace, gebore en sy het nou met dieselfde program weer haar lyf teruggekry.

“Ek is te trots om te sit,” het sy by die foto op Instagram geskryf.

Volg hier SARIE.com se dieet-blogger, Helene, en haar pad na ’n gesonder lyf.

BRON: Huffington Post