Het jy gehoor?

Jessica Simpson verloor 18 kg in 4 maande – foto

Danksy borsvoeding, marathon-sessies in die gimnasium en ‘n persoonlike Weight Watchers-dieetplan het Jessica Simpson reeds 18 kg verloor ná die geboorte van haar eersteling.

“Sy’t die afgelope tyd baie aandag aan haarself gegee,” het ‘n bron aan die tydskrif gesê. “Sy gaan binnekort haar vordering in ‘n reeks Weight Watchers-advertensies wys.” Sy het die eerste advertensie op 16 Augustus geskiet.

“Sy het sover al haar doelwitte in die gewigsverlies-program bereik en is in die wolke daaroor,” het ‘n vriendin van Simpson vertel. “Sy is só trots op haarself.”

Jessica het onlangs erken dat haar lyf nie sommer net vinnig weer soos ‘n supermodel s’n lyk nie. “Ek is net ‘n gewone vrou wat wil goed voel en gesond wees vir haar babadogtertjie, haar verloofde en haarself,” het sy gesê.

Lees nog by www.lifeandstylemag.com

  • cecilia

    Aai kan maar net sê,wens dis ek!! Om uitgehonger te voel is alte aardig!!!!!

  • Karin S

    I wish, as dit maar net so maklik was!