imagefromurl
Het jy gehoor?

Jessica Simpson weer swanger + foto’s van baba Maxwell

Jessica en haar verloofde, Eric Johnson, verwag hul tweede baba.

“Dit was glad nie beplan nie, maar ja, Jessica is weer swanger,” het ‘n bron verklap. “Sy is baie opgewonde!”

Jessica Simpson op US se voorblad

Jessica se woordvoerder wou egter niks op hierdie stadium sê nie.

Jessica en Eric is al 2 jaar lank verloof, en baba Maxwell is op die 1ste Mei vanjaar gebore. Jessica het onlangs 18 kg in 4 maande verloor, maar dit wat haar die gelukkigste maak, is om ‘n ma te wees.

“Ma-wees is ‘n droom, dit is wonderlik!” het sy in September vertel.

Sy het onlangs op Twitter hierdie foto’s van Maxwell gedeel met die byskrif: “Ek is so dankbaar vir my nuwe familie!”

Eric en MaxwellEric en Maxwell

Baba Maxwell

 

  • Susan van der Wat

    Gun haar/(eintlik vir almal!) ‘n bietjie geluk!!