Jessica Simpson met Maxwell en Ace

Het jy gehoor?

FOTO’S: Jessica Simpson se post-baba lyf

Wanneer jy die gesig van ’n dieetprogram is, is daar baie druk op jou om altyd tiptop te lyk. Jessica Simpson weet dit maar alte goed, en selfs met ’n 5 maande oue baba by die huis het sy dit reggekry om weer te lyk soos voor sy swanger geraak het. 

Jessica is een van die ambassadeurs van Weight Watchers se leefstyl-program, wat vroue help om hul gewig te beheer. Net 5 maande ná die geboorte van Ace het sy op haar Twitter-blad gesê sy kan nie ophou glimlag nie, en met goeie rede: sy het reeds haar pre-swangerskap lyf terug.

Dié 33-jarige sangeres en aktrise het ’n foto gedeel van ’n veldtog wat sy vir Weight Watchers skiet – en dit is duidelik dat sy vinnig haar swangerskap-gewig afgeskud het.

Jessica Sim1

Jessica het die volgende op haar Twiiter-blad gesê: "Couldn't stop smiling on set for my new @weightwatchers campaign today!"

Jessica in haar “eie lyf”
(Foto: Twitter)

Jessica het onlangs in ’n onderhoud met US Weekly erken dat sy maklik gewig aansit, en dat die kilogramme veral tydens haar swangerskappe (haar oudste, Maxwell, is 19 maande) opstapel.

“Ek is maar net een van daardie vroue wat maklik gewig aansit. Boonop het ek groot borste en kurwes,” het Jessica gesê. “Toe ek met Maxwell swanger was, het ek byna 32 kg swaarder geweeg. Al het ek tydens my swangerskap met Ace regtig hard probeer om nie weer só baie gewig aan te sit nie, het ek steeds lekker vet geword, maar gelukkig nie weer 32 kg swaarder nie!”

Volgens WebMD behoort vroue wat nie onder- of oorgewig is nie tussen 11-15 kg tydens swangerskap by die skaal te voeg.

Channing Tatum se vrou: “My man is mal oor my nuwe lyf”

Met ’n woelige kleuter en ’n kleinding op die heup het Jessica die vertroue gekry om ook in ’n volswembroek van haar eie klerereeks afgeneem te word. Die stilis van dié fotosessie het vir haar Instagram-volgers ’n eerste kykie van Jessica se lyf gegee:

Bron: US Weekly