FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Jessica Timberlake, néé Biel

Al is sy nou mevrou Timberlake, sal dié aktrise steeds in die rolprentbedryf as Jessica Biel bekend staan…

Jessica en Justin Timberlake is verlede jaar Oktober in Italië getroud nadat hulle vir amper 5 jaar uitgegaan het. “Al die papierwerk is afgehandel en nou is dit ampetlik: Sy is wettiglik Jessica Timberlake!” het ‘n bron aan Contactmusic gesê.

1ste FOTO: Justin Timberlake en Jessica Biel se troue

‘n Bron het voorheen berig dat Jessica reeds kort ná haar en Justin se troue van plan was om sy van aan te neem. Die paartjie het vir 4 dae lank by die luukse Borgo Egnazia-oord in Puglia in die suide van Italië bruilof gevier. Justin het ‘n romantiese liedjie, wat hy self geskryf het, gesing toe Jessica in ‘n vaalpienk Giambattista Valli Haute Couture-trourok by die paadjie afstap.

 

Bron: NDTV Movies