@jimcarrey

@jimcarrey

Het jy gehoor?

Jim Carrey: ‘Ek wil nie weer trou nie’

Daar is twee goed wat die komediant Jim Carrey nie wil doen nie – trou en in ’n verhouding met ’n bekende wees, het hy gister in ’n radio-onderhoud gesê. 

Die 52-jarige akteur Jim Carrey het op The Howard Stern Show gesê dat hy nie weer kans sien om te troue nie. “Ek is steeds mal oor vroue. Maar ek was in ’n hele paar mislukte verhoudings die afgelope paar jaar. Dit bly altyd emosioneel.”

Dit is juis dié mislukte verhoudings wat Jim laat besef het dat hy nie meer daarin belang stel om in ’n verhouding met ’n bekende te wees nie.

“As jy in ’n verhouding met ’n celeb is, is dit asof jou verhouding ’n produk word. Dit is die belangrikste ding vir tydskrifte. Vir hulle maak dit dan nie meer saak wat jy in ’n fliek doen nie, maar saam met wie jy is, wat julle doen en of julle uitmaak.”

Dit is maklik om te verstaan hoekom Jim, wat eintlik baie privaat is, so sal sê. Hy was al 2 keer getroud, het uitgegaan met celebs soos Mad Men se January Jone, Renée Zellweger en Jenny McCarthy.

Jim Carrey, wat op die oomblik ook kunswerke maak, het ook ’n 27-jarige dogter Jane Carrey.

@jimcarrey

Jim en Jane @jimcarrey


Bron: E! Online