FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Jimmy Fallon mis kans met Nicole Kidman

’n Donkie stamp nie sy kop twee keer teen dieselfde klip nie. Maar die Amerikaanse akteur en aanbieder Jimmy Fallon het twéé keer die Oscar-wenner Nicole Kidman deur sy vingers laat glip.

Nicole was verlede jaar ’n gas op Jimmy se kletsprogram, The Tonight Show Starring Jimmy Fallon, en het by dié geleentheid die wind uit sy seile gehaal.

In 2002 was albei enkellopend en Nicole het toe van Jimmy gehou, ongelooflik baie! Die akteurs het ’n gesamenlike vriend gehad en hy het gereël dat hulle by Jimmy se woonstel ontmoet. Maar Jimmy het geen idee gehad dat Nicole van hom hou nie. Soos hy self later aan Ellen Degeneres verduidelik het: “Nicole Kidman was bo my liga.”

Sy het toe sy woonstel verlaat sonder dat hy ’n snuf in die neus gekry het. Ai, Jimmy!

Kyk die snaakse onderhoud hier:

Verlede Donderdag het Nicole weer op sy program verskyn. Die twee het onmiddellik uitgebars van die lag. Sy het hom herinner aan ’n tweede kans waar hy haar toe kon uitgevra het. Maar ou Jimmy het steeds nie agtergekom nie. Dié insident het by die Amerikaanse regisseur David Fincher se huis plaasgevind. Brad Pitt en Jennifer Aniston was ook daar en toe nog ’n paartjie.

“Of jy was deur die blare gewees of jy het regtig nie belanggestel nie,” het Nicole gelag.

Jimmy was duidelik nie beïndruk met homself nie. Albei is gelukkig getroud. Nicole se man, Keith Urban, het sommer tydens hul onderhoud verskyn.

Kyk die onderhoud hier:

Ai, Jimmy! Gelukkig het jy nie ook jou vrou deur jou vingers laat glip nie.

Thank you to the nicest people at Serendipity 3!!! Starting a new family tradition. #FrozenHotChocolate

A photo posted by Jimmy Fallon (@jimmyfallon) on

Lees nou

Bindi Irwin volg in pa, Steve, se spore

Beste plat skoene vir ’n aand uit

Wêreld-televisiedag #nostalgie