cd_cover
Het jy gehoor?

J.Lo bewoë op verhoog oor verlore liefde

Dit was by die Mohegan Sun Casino in Montville (Connecticut) se 15de herdenkingspartytjie.

Die vertoning se sentrale tema was liefde. Lopez het emosioneel geraak nadat sy ’n liedjie gesing het oor geliefdes uit haar verlede, terwyl dansers gebeure uit dié vorige verhoudings uitgebeeld het. Onder die geliefdes was P Diddy, Chris Judd, Ben Affleck en haar vervreemde man, Marc Anthony.

Sy kon haar emosies nie beteuel nie, en het heeltemal bewoë geraak. Sy het aan die gehoor gesê dat baie dinge verander het in haar lewe vandat sy daardie liedjie, Until It Beats No More, geskryf het. Sy het ’n staande ovasie gekry waarop sy aan die gehoor gesê het: “As julle oor liefde wil praat, kan ek saampraat, o. al die stories!”

Daarna het ’n foto van haar tweeling, Max en Emme (3), op die skerm verskyn waarop sy gesê het: “Mens kry liefde, en dan kry jy liefde…”

Jennifer en Marc Anthony is in Julie uitmekaar en deesdae doen gerugte die ronde dat sy en Bradley Cooper van The Hangover-faam ‘n paartjie is.