glambition1
Het jy gehoor?

Jo-Ann Strauss se nuwe TV-program

Jo-Ann wil met haar nuwe program die skoonheid en glans van Afrika bekendstel. Vir die volgende 13 weke gesels sy met bekendes oor die vele fasette van die skoonheidsbedryf. Van SA se mooiste vrouens, ma’s en dogter kom gesels oor die fyn balans tussen die glanslewe en die ambisie wat daarmee gepaard gaan. Volgens Channel24 gaan Glambition fokus op skoonheid, haarstyle, troues, plastiese chirurgie, veroudering, mansmodes, fiksheidslawe en die nuutste trends!

Onder dié bekendes is ons internasionale model, Katryn Kruger, nog ’n voormalige Mej. SA Melinda Bam en Terry Pheto wat in die Oscar-bekroonde fliek, Tsotsi, gespeel het.

FOTO: Katryn Kruger

Jo-Ann, wat tot onlangs een van SABC 3 se Top Billing-aanbieders was, vervaardig Glambition saam met Jerry Jennings, wat ook by Top Billing was.

“Dis harde werk om ’n vervaardiger te wees, maar dit gee my die kans om ander se stories te vertel,” sê sy vir e.tv. Sy vertel verder dat sy al vir twee jaar besig is met die voorbereiding en beplanning van Glambition.

FOTO’S: Jo-Ann se Facebook-blad

“Die program gaan oor hoe ons glans makliker bekombaar kan maak – ons wil skoonheid na almal toe bring,” sê sy in dié video:


Glambition
word op e.tv (DStv-kanaal 194) om 20:30
uitgesaai.

Volg Jo-Ann op Facebook, Twitter of op haar webtuiste www.jo-annstrauss.com