FOTO: Charl Marais

Het jy gehoor?

Jo-Ann Strauss is verloof!

“Ek is baie opgewonde, maar ek kan níks meer sê nie.“ Die gelukkige man is haar “bokkie“, soos sy hom noem, ’n mediese dokter met wie sy al langer as vyf jaar uitgaan. Méér wil sy nie sê nie. . . Ook nie of daar al ‘n troudatum is nie.

Dié voormalige Mej. SA het gister 30 geword en is mooier as ooit. Kyk wat het sy oor haar verjaarsdaggeskenk op haar Twitterblad geskryf: “My verjaarsdag geskenk arriveer volgende week – die eerste een in SA! Dit is ongelooflik.”

In ’n vorige onderhoud met SARIE het sy gesê:

“Een van die beste lesse wat die lewe my geleer het, is om jouself nie te ernstig op te neem nie. Ek dink ons gaan somtyds deur die lewe met soveel planne en doelwitte, en wanneer dit nie uitwerk nie, druk ons onsself hard – in ‘n dolheid in. Die waarheid is: Geen beplanning kan waarborg dat jy sal kry wat jy wil hê nie. Ons moet leer om die lewe te vat soos dit kom, en die belangrikste: Om vir onsself te lag wanneer die situasie óns voorsê!”

  • Hyla

    My kleinseun (4jr) is dolverlief op Jo-Ann (wnr di Lux adv op tv verskyn )roep hy en se daardie is die mooiste "dogtertjie" wat hy nog ooit gesien het….en ek stem saam… Jo-Ann is pragtig – geluk met die verlowing!

  • hfbtesxb

    bpQwT2 jjoofgolhkar, [url=http://wvrqdwkjtrah.com/]wvrqdwkjtrah[/url], [link=http://pnuxemvmigrm.com/]pnuxemvmigrm[/link], http://hgdzogytyimx.com/