FOTO: Instagram @joanrivers

Het jy gehoor?

Joan Rivers word wakker gemaak uit kunsmatige koma

Die TV-persoonlikheid Joan Rivers word wakker gemaak uit die kunsmatige koma waarin sy sedert verlede week Donderdag is, berig Hello!.

Haar dogter, Melissa, het gesê die familie hoop dat alles sal goed gaan terwyl dokters vir Joan uit die kunsmatige koma haal. Hulle vrees dat sy permanente breinskade kon ly en dat sy dalk vir die res van haar lewe in ’n rolstoel moet wees.

Die 81-jarige Joan het verlede Donderdag ophou asemhaal tydens ’n operasie aan haar stembande.

Joan is deesdae veral bekend vir haar skerp kommentaar op die program Fashion Police.

Joan Rivers (middel) op die stel van Fashion Police FOTO: Instagram @joanrivers

Joan Rivers (middel) op die stel van Fashion Police
FOTO: Instagram @joanrivers

Joan en Melissa (46) het ook hul eie werklikheidsreeks, Joan & Melissa: Joan Knows Best? Dit gaan oor die ma-en-dogter-span wat onder een dak woon.

joan rivers

Die twee TV-persoonlikhede, komediante en besigheidsvroue het ook in hul jonger dae saam aan ’n speletjiesprogram deelgeneem. Só het hulle toe gelyk:

FOTO: Instagram  @joanrivers
FOTO: Instagram @joanrivers

Bron: Hello!

Lees ook