Jodie Foster
Het jy gehoor?

Jodie Foster op 50 – jeugdig soos altyd!

Jodie Foster lyk jeugdig op 50!

Die aktrise, wat vanjaar 51 jaar oud word, het pragtig gelyk by die première van haar nuwe rolprent, Elysium. Die Panic Room-ster se jeugdige figuur is beklemtoon deur ‘n nousluitende blougroen knielengte-rok. Haar stralende vel het getuig van ‘n gesonde leefstyl.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die Suid-Afrikaner Neill Blomkamp, wat ook die regisseur van District 9 was, behartig die regie van Elysium. Dié rolprent speel af in 2154 en die aarde lyk baie anders as vandag. Matt Damon en die Suid-Afrikaanse akteur Sharlto Copley speel ook in die fliek.

Matt wou nog altyd saam met Neill Blomkamp gewerk het. Lees hier wat sê dié Hollywood-akteur oor Neill

Jodie se jeugdige vel

Almal is dit eens: ‘n sonskerm élke dag is ‘n moet, maar min mense weet waarna om te kyk as hulle produkte koop. Onthou: sowat 80% van jou vel se veroudering vind plaas as gevolg van die son!

*Sorg dat jou dagroom minstens ‘n SBF van 15 bevat

*Beveg sonskade en veroudering tegelykertyd met ‘n produk wat albei probleme teiken

*Daar ís produkte vir ‘n sensitiewe vel!

*As jy reeds gebrand het, sal ‘n nasorg-sonproduk (after sun) jou vel kalmeer en help om blywende skade te keer

Kry jou blou rok in die SARIE-winkel:

Alessandra Dress (links) en Skater Dress (regs)