Het jy gehoor?

Johannesburg Modeweek: Kyk watter trends steek kop uit!


Ons loer in by die Johannesburg Modeweek.

Andrea Smith, SARIE se mode-assistent, is daar en hou ons op hoogte soos dinge gebeur.

21  Februarie 2011

Die 18de en 19de Februarie was die laaste dae van Johannesburg Modeweek! En soos mens kan dink was dit twee baie opwindende dae. Op die 18de is Karabo Finger, Distinctive Wear, Avant, Grapevine en Bongiwe Walaza se vertonings by die Bus Factory gehou. En om die aand mee af te sluit is ontwerpers Stiaan Louw en Thula Sindi se vertonings by JAG (Johannesburg Art Gallery) gehou.

Black Swan en Ballet inspïreer

In Avant se reeks is die trefferkombinasie van swart en neutrale kleure baie mooi gebruik. Van al die ontwerpers dink ek het hulle het dit die beste reggekry om die belangrikste modetendense van 2011 te kombineer sonder dat dit soos ’n mislukte Kersboom lyk! Die groot tendense, soos die ballerina-trend, onderklere as bo-klere, swart (wat vanjaar baie groot is) en inheemse inspirasie, met ons vasteland as drukmotief, was alles daar. Ek was mal oor die kruise wat as juweliersware gebruik is. Die modelle se haarstyl, veral die vlegsels, was die perfekte kombinasie by die uitrustings, saam met rokerige oë en neutrale lipkleure. Avant se reeks het my baie aan die styl van die bekende Black Swan-fliek laat dink.

Foto’s: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

 


Karabo Finger se reeks het duidelik Franse invloed gehad met die swart beret en vroulike pakke, soos die bekende Coco Chanel gedra het. Serpies, strikke en pinotage rokke met hoë neklyne en die soom wat net onder die knie eindig. Dié Franse trends sal sekerlik in Herfs/Winter vanjaar volop gesien word.-Michelle Els, Mode-blogger


Foto’s: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

 

 

“Walk like an Egyptian”

Stiaan Louw se reeks was soos gewoonlik asemrowend! Ek was mal oor die Egiptiese inspirasie met die nek- en kopstukke, asook die vloei van die lap. Die wit hare was iets anders en die grimering was so gepas by die hele “Afrika-man uit die woestyn”-voorkoms. Ek was ook aangenaam verras deur Grapevine se mooi vroulike reeks met kopstukke wat die uitrustings ’n kinkel gegee het.” -Andrea Smith (SARIE, mode-assistent)


Foto’s: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

 


Saterdag was Abigail Keats, Tart, Loin Cloth & Ashes en Heni se vertonings almal by die Bus Factory.

Swart en wit was volop in Abigail Keats se reeks

Sportief en futuristies. En dan is daar ook die Afrika-trend

 Die sportiewe trend en futuristiese voorkoms het by Tart se reeks kop uitgesteek. Dit het elemente van ’n sportiewe energie gehad: sterk lyne gekombineer met net genoeg eenvoud en hare styf op die kop het bygedra tot die futuristiese styl. 

Foto’s: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

 


Loin Cloth & Ashes het die Afrika-vrou amper herontwerp deur die perfekte kombinasie van funky en stylvol! -Michelle Els, Mode-blogger

Foto’s: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

 

   

 

Mode wat skrik vir niks

Heni se reeks het beslis die gehoor se aandag getrek met grimering van gesmeerde oë en rooi kruise oor die mond geverf. Die gevoel daarvan was besonder dramaties.

Foto’s: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

 


En laaste maar nie die minste nie was David Tlale Couture se reeks. Vir dié vertoning is  die Nelson Mandela-brug spesiaal toegemaak. Die geleentheid is aan Madiba opgedra. Dit was ’n vertoning en ’n half met meer as 90 modelle. Die bekende, Michelle Botes, Jacqueline MacInnes Wood,wat bekend is vir haar rol as Steffy Forrester in die SABC1-sepie The Bold and the Beautiful en Roland Schoeman het almal hulle lywe mode gehou vir Tlale se reeks. Skeppings in rooi, swart en wit het oorheers.-Andrea Smith (SARIE, mode-assistent)

Foto’s: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

 


18 Februarie 2011

Wees gereed om meegevoer te word met asemrowende ontwerperstukke. Kyk uit Milan, Italië, hier kom Johannesburg, Suid-Afrika!

Natuurlik was dit ‘n samekoms van die crème de la crème van SA se modename!

Die eerste drie vertonings, dié van Wild Fig, Lisp, en Spero Villioti, is by The Bus Factory gehou. Abigail Betz se vertoning was by JAG (Johannesburg Art Gallery).

Abigail Betz se ontwerpe spel vroulikheid, en die ballerina-trend kom sterk deur in haar reeks: met tutu-geïnspireerde rompe, waarvan die fyn net vloei, en met die slim gebruik van  pienk en pers pastelle. ‘Oud’ word weer ‘nuut’ met die Peter Pan-kraag en die gebruik van ruitjiesgoed hier en daar.” – Michelle Els

“My gunstelinge was Abigail Betz en Spero Villioti. Die modes was asemrowend mooi! Tatum Keshwar, ’n voormalige Mej. Suid-Afrika, was een van die modelle en Precious Moloi, voorsitter van  African Fashion International, het voor my gesit.” – Andrea Smith

 

Abigail Betz

 

 

Foto: Simon Deiner / SDR Photo / AFI Foto: Simon Deiner / SDR Photo / AFI
Foto: Simon Deiner / SDR Photo / AFI Foto: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

 

Spero Villioti

 
 

Foto: Simon Deiner / SDR Photo / AFI  Foto: Simon Deiner / SDR Photo / AFI    

17 Februarie 2011

Sy vertel dat die eerste 2 vertonings by The Bus Factory gehou is, met Suzaan Heyns en Errol Arendz se ontwerpe. Heyns het inspirasie uit die vroulike liggaam geput met interessante ontwerpe. Arendz het glo die gehoor se monde laat oophang met sy “Black Bride”.

Kyk hier:

Derde op die agenda was KlûK CGDT. Dié vertoning is by die Rand Club gehou. Andrea vertel: “Dit was ‘n regte gentleman club vibe met sigare en rook. Ons is met soetgoed bederf en Michelle McLean was een van die modelle.”

alle fotos: photo: Simon Deiner / SDR Photo / AFI

Voormalige Mej Wêreld en Mej Namibië, Michelle McLean, in ‘n ontwerp van KlûK CGDT


KlûK CGDT se vertoning

Die trends wat kop uitgesteek het:

Faux fur

Errol Arendz KlûK CGDT

Diervelmotiewe

KlûK CGDT Errol Arendz

Inspirasie uit die Ooste

KlûK CGDT KlûK CGDT

Foto’s:Simon Deiner / SDR Photo / AFI   afi.sdr.co.za

Lees ook: Ballet-styl is ‘n groot trend

  • RSlihooth

    facebook likes
    1000 facebook likes

    http://www.astronomylive.com/content/eye-safety-during-solar-eclipse http://entrepreneurship.unica-network.eu/content/peter-drucker-society-europe-launches-essay-contest
    buy facebook likes facebook likes get facebook likes
    I’ve been to all the sites to help out with removing the program however they all request that I change the LAN settings. I do this but seconds later they get automatically changed back. Whenever I open a file the message: "Application cannot be executed… file is infected" Therefore I am unable to run any programs such as Task Manager in order to counter this virus. Can someone please help me out because it seems I am defenseless. Thankyou

    facebook likes 1000 facebook likes [url=http://1000fbfans.info]1000 facebook likes [/url] 1000 facebook likes

  • pwtadayhfpn

    XFdexF qtxfjkcoosfj, [url=http://dlbrfrsdyfww.com/]dlbrfrsdyfww[/url], [link=http://wjvzlhsgfxqy.com/]wjvzlhsgfxqy[/link], http://ywdetbryyjeq.com/

  • JEANETTA GROENEVELD

    DIT IS PUIK MODES VIR DIE SOMER VAN 2012. DIT IS ELEGANT DOG SENSITIEF.