FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

John-Henry Opperman wen beste akteur-toekenning

Die akteur en sanger John-Henry Opperman het reeds in Roepman sy merk as akteur in Suid-Afrika gemaak. Nou het die akteur van Musiek vir die agtergrond sy eerste internasionale toekenning gewen.

Die Internasionale Indiese Rolprentfees in Suid-Afrika het John-Henry as beste akteur aangewys vir sy spel in Musiek vir die agtergrond.

Hy sê op Facebook dis ’n voorreg om geïnspireer én geboei te word terwyl jy self inspireer en betower. Die sanger van Klopjag voeg by dat hy dié spesiale toekenning deel met elkeen wat saam met hom aan die rolprent gewerk het.

Nina Swart op ons Februarie 2014- voorbladJohn-Henry en sy verloofde Beáte Olwagen vertel in jou Februarie-uitgawe van SARIE hoe dit is om saam te werk.

Teken hiér in op SARIE Digitaal.