FOTO Instagram / @johnlegend

FOTO Instagram / @johnlegend

Het jy gehoor?

John Legend de josie in vir kubertrolle

Model Chrissy Teigen moet haarself sedert die koms van haar eersteling, Luna Simone, gereeld op sosiale media verdedig. Maar nou het haar man, die Grammy-wenner John Legend, sy stem dik gemaak.

“Dis snaaks, die pa word nie verneder nie. Wanneer albei van ons gaan uiteet, verneder tog ons albei sodat Chrissy dit nie alleen moet verduur nie. Ons sal dit tussen ons verdeel,” het John getwiet.

Die reaksie was op die verskyning van steelfoto’s van Chrissy en John waar hulle ’n week ná Luna se geboorte gaan uiteet. Baba Luna was nie saam nie. Die kubertrolle het nie geskroom om Chrissy te skel nie en het onder meer gesê sy is ’n slegte ma.

Die komediant en aanbieder van The Daily Show, Trevor Noah, het ’n insetsel oor Chrissy se vernedering gedoen.

Kyk die insetsel hier

John het in reaksie grappig op sosiale media daarop gereageer.

Hulle het lank gesukkel om ’n baba te kry en Chrissy het uiteindelik met behulp van in vitro-bevrugting swanger geraak, berig Daily Mail.

Happy Mother’s Day!!

A photo posted by John Legend (@johnlegend) on

Sy het op 12 Oktober verlede jaar haar swangerskap bekend gemaak en gesê dit was nie ’n maklike pad nie. Hulle was verheug oor die kleinding wat op pad is.

Lees nou

Prince – in pynpille se greep?