Beauty and the Beast FOTO Instagram : @beautyandthebeast
Het jy gehoor?

John Legend en Ariana Grande sing ikoniese lied

Vanjaar 26 jaar gelede het Celiné Dion en Peabo Bryson die temalied van die Disney-animasieprent Beauty and the Beast gesing. Hul weergawe het nie net aan hulle twee Grammy-toekennings besorg nie, maar ook ’n Oscar en Golden Globe vir beste oorspronklike liedjie.

Oor ’n maand word die “regte lewe”-weergawe van die klassieke sprokie uitgereik met Emma Watson en Dan Stevens as Skoonlief en die Ondier. En die temalied? Dit word deur die Amerikaanse sangers John Legend en Ariana Grande gesing.

#Repost @arianagrande ・・・#BeOurGuest

A photo posted by Beauty and The Beast (@beautyandthebeast) on

Hul weergawe kan in die lokprent gehoor word.

Celiné is ook weer op die klankbaan, maar hierdie keer sing sy ’n oorspronklike lied wat spesiaal vir die fliek geskryf is. Sien jy ook uit na die nuwe Disney-fliek?

Sy lyk vir my so baie soos … die Bieb

Vroeër vanjaar het die internet behoorlik gegons en gegiggel oor die Belle-pop wat geskep is om die nuwe Beauty and the Beast-film bekend te stel. Die pop, wat veronderstel was om soos Emma Watson te lyk, is “creepy” genoem en party mense beweer dit lyk op ’n haar soos Justin Bieber in ’n geel rok en pruik!

Lees nou

Beyoncé swanger met ’n tweeling

5 dinge wat jy moet weet voor jy jou haarstilis besoek

Sienna Miller se ma is … Afrikaans!