john_and_son
Het jy gehoor?

John Lennon ‘keer terug’ na Liverpool

Die gees van John Lennon keer op 17 Junie 2009 terug na sy tuisstad in ‘n baie intieme en persoonlike uitstalling van die emosionele stories rondom hierdie wêreld-ikoon se familie.

White Feather: The Spirit of Lennon word aangebied deur sy seun Julian en sy eerste vrou, Cynthia Lennon, in samewerking met die besoekersentrum The Beatles Story. Hulle deel persoonlike besittings en stories wat nog nooit aan die publiek bekendgemaak is nie – soos oor John en Cynthia se egskeiding en hoe die publieke kollig hul gesin geraak het.

Die wit-veer-simbool lê Julian baie na aan die hart. Sy pa het vir hom gesê as hy wat John is oorlede is en daar is ‘n manier om te laat weet dat dit met hom goed gaan, dit in die vorm van ‘n wit veer sou wees. Julian was so 10 jaar gelede in Australië. ‘n Groep Australiese inboorlinge het hom ‘n wit veer gegee en gevra of hy vir hulle ‘n stem sou wees. Dié oomblik sou sy lewe verander en hy stig toe The White Feather Foundation.

“John Lennon is vir baie ‘n ikoon. Vir my is hy ‘n pa wat ek liefgehad en verloor het. Ek hoop hierdie uitstalling laat mense ‘n ander sy van hom sien – iets van sy gesinslewe,” sê Julian.

** Die uitstalling is tot 31 Desember 2009 te sien by The Beatles Story in Liverpool