Het jy gehoor?

John Lennon sou 70 gewees het

John sou op 9 Oktober 2010 70 jaar oud gewees het. Sy sluipmoord op 8 Desember 1980 is ook in 2010 vir die 30ste jaar herdenk.

Dinge gebeur in Liverpool

As jy geld in jou sak het, is dit nou die tyd om Liverpool te gaan besoek. Dis waar alles vir die The Beatles begin het, maar nie geëindig het nie.

* Die eerste plek op jou besoeklysie moet The Cavern Club wees. As dit nie vir die groot, rooi naam was wat bo die klein rooi deur gehang het nie, so jy dit tien teen een gemis het. Ringo Starr het saam met sy eerste paar musiekgroepe daar gespeel voor hy lid van The Beatles geraak het. Hul destydse bestuurder, Brian Epstein, het hulle daar ontdek en voorgestel dat hulle identiese pakke klere moet aantrek. Die res is geskiedenis.

* Tweede op jou lys is die Magical Mystery Tour wat na die Beatle-fliek wat in 1967 gemaak is, vernoem is. Dit neem twee ure lank en vat jou na al die plekke wat ‘n invloed op die lede van The Beatles se lewens gehad het. George se ou skool, die bar waar Ringo se ma gewerk het en die melkwinkel waar John genoeg geld bymekaar gemaak het om sy eerste kitaar te koop is maar net van die plekke wat jy op dié bustoer te siene sal kry.

* As dit nie vir jou genoeg is nie, kan jy ook ‘n toer oor slegs John se dinge doen of een van hulle bestuurder, Epstein. En dan is daar ook een oor die ‘Vyfde Beatle’, die tromspeler Stu Sutcliffe, wie in 1962 in Hamburg oorlede is.

* Derde op jou lys is The Beatles Story, die amptelike Beatles-museum. Daar kan jy die oorspronklike klavier wat John gebruik het om Imagine te komponeer en ‘n ronderaam-bril met ‘n oranje skynsel, soos syne, sien. Die klavier word van die sanger, George Michael, geleen nadat hy dit ‘n paar jaar terug aangekoop het. Van die ander goed wat daar gehou word is die oorspronlike kassette en mikrofone wat in die Abbey Road Studios gebruik is om die Beatles se albums, Help en Revolver, op te neem.

Dertig jaar later: Yoko Ono

EMI Record Company bring hulde aan John deur CD-stelle wat nou vrygestel gaan word. Daar sal twee stelle met John se musiek op wees en ook twee ander spesiale CD’s. Een word Signature genoem en dit sal John se musiek as ‘n individuele kunstenaar bevat. Daar sal omtrent agt verskillende CD’s in die stel wees. Die ander een word Gimme Some Truth genoem. Dis nogal vanpas, is dit nie? In daardie stel sal vier verskillende CD’s wees,” sê Yoko Ono, John se weduwee, dertig jaar ná sy dood.


“Dit sal die verskillende tydperke van John se musiek vasvang. Een gaan spesifiek oor vroue, omdat John so passievol vir vroueregte baklei het. ‘n Ander een sal polities wees en een sal oor John se herkoms gaan, nie noodwendig oor sy kinderdae nie, maar meer oor die begin van sy musiek. Hy het allerhande liedjies in sy jongdae gesing.

“Dan is daar een baie spesiale CD, Best Of. Dit bevat al die treffer-liedjies vir mense wat nie juis met John Lennon grootgeword het nie. Double Fantasy is ‘n nuwe weergawe wat meer eenvoudig as die oorspronklike weergawe is. Die oorspronklike weergawe het maklik 20 of 30 instrumente vir een liedjie gebruik, waar dit nou net so vier of vyf gebruik. Mens sal verbaas wees oor watter tipe stem John gehad het, dit is só mooi.”

Montblanc: John Lennon-skryfding

Montblanc het hierdie jaar die John Lennon Edition Writing Instrument bekend gestel. Hierdeur verseker hulle nie net dan John se legende deur sy gedigte, musiek en kuns-nalatenskap oorleef nie, maar ook in die skoonheid van ‘n tydlose skryfinstrument.

Die John Lennon-weergawe reflekteer John se ikoniese status deur dié vulpen, balpuntpen en rolpuntpen en ‘n weergawe van John se bekendste liedjie, Imagine. Montblanc sal hulde aan John se lewe, sy musiek en sy drome bring deur bydraes te maak aan verskeie kulturele projekte wat musiekonderrig ondersteun. Hulle sal ook saamspan met die John Lennon Education Tour Bus, wat jongmense help om musiek te skryf, te speel, op te tree, op te neem en om liedjies en musiekvideos te vervaardig.

John Lennon Montblanc Special Edition

Ozzy bring ook hulde

Ozzy Osbourne, die Black Sabbath-rocker, het sy eie weergawe van John se liedjie How opgeneem. Dit is slegs op iTunes beskikbaar en skenk geld aan Amnesty International.

“Lennon was ‘n drywende krag vir die mensdom. The Beatles was vir my as musikant ‘n groot inspirasie,” het Ozzy gesê.

Ozzy Osbourne

 

As iemand dink liefde en vrede is ‘n cliche wat liefs in die sestiger jare moes agterbly, is dit sy probleem. Liefde en vrede is vir ewig.” – John Lennon

 
Fliek: Nowhere Boy

Nowhere Boy, ‘n fliek oor John se kinderdae, is verlede jaar vrygestel, volgens IMDB. Die kunstige agtergrond laat jou voel of jy self ook daar is. Die regisseur was Sam Taylor-Wood en Aaron Johnson het die rol van John vertolk.

‘n Paar goed wat jy dalk nie van John Lennon geweet het nie.

 

John Lennon was afgetree maar te danke aan Paul McCartney het John 1980 weer begin werk.

Al het John gemaak of hy niks van Paul McCartney se post-Beatles musiek gehou het nie, het hy alles geweet wat Paul in die musiekwêreld aangevang het. Nadat hy Paul se eenman-groep solotreffer Coming Up in 1980 gehoor het, het hy gesê: “Genugtig, ek moet teruggaan.” Later het hy gesê hy was mal oor die liedjie.

 

 

Hy het Beatles Memorabilia versamel.

Hy het foto’s wat deur Jurgen Vollmer tydens die Beatles se Hamburg-dae geneem is, versamel en een van die foto’s gebruik vir sy 1975-CD, Rock’n’Roll. Hy het ook ‘n stel Beatle-poppe gehad wat Sir Elton John vir hom persent gegee het.

 

 

Hy was die eerste Beatle wat solo gegaan het.


John was nog altyd onstig dat Paul McCartney sy wegbreek van die groep aangekondig het terwyl dit in realiteit hy was wat die groep eerste verlaat het. Maar om homself beter te laat voel, kon hy nog altyd sê hy is die eerste een wat sonder sy ‘Fab Four’-vriende opgetree het. Sy eerste nie-Beatle konsert was saam met The Rolling Stones tydens hulle Rock and Roll Circus-toer in Desember 1968. 

 

Niemand weet regtig wat met sy as gebeur het nie.


Dis nog nooit bekend gemaak wat met sy as gedoen is nie. Daar word aangeneem dat sy weduwee, Yoko Ono, dit nog het maar terselfdertyd sê mense sy het dit by die Strawberry Fields Memorial in New York se Central Park gaan strooi.