image001
Het jy gehoor?

John Smit glo hy sal Saterdag uitdraf ná besering

“Ek glo ek sal Saterdag uitdraf,” het Bok-kaptein John Smit laat weet na ‘n paar dae se bespiegelinge oor sy nekbesering.

Die Sharks draf Saterdag teen die Stormers uit op Kings Park in die Super 14 reeks.

John se bewonderaars en spanlede was baie bekommerd toe hy op Twitter laat weet het sy nek het seergekry in verlede Saterdag se wedstyd tussen die Sharks en die Bulls. Die Sharks het verloor met 19 punte teen 27.

John het op Twitter ’n stekie ingekry oor die manier waarop die skeidsregter, Jonathan Kaplan, die skrum hanteer het waarin hy sy nek beseer het.

Die Sharks se Bismarck du Plessis het juis verlede week ‘n operasie ondergaan nadat hy ook ‘n nekbesering opgedoen het. Hy sal ten minste drie maande nie kan speel nie.

John het Maandag ’n skandering ondergaan en dit lyk of hy geen ernstige skade opgedoen het nie.

“Die nek is net ’n bietjie seer, maar dit lyk of dit net ‘n sagteweefsel-besering is en dat anti-inflammatoriese medikasie die ding behoort te doen,” sê hy.