Het jy gehoor?

John Travolta & Olivia Newton-John se nuwe musiekvideo

Ná 35 jaar het die twee sterre weer kragte saamgesnoer om hierdie spesiale projek van die grond af te kry. Hulle het saam op The Ellen DeGeneres Show verskyn om hul Kersfees-album bekend te stel.

“Al die wins gaan na liefdadigheidsorganisasies,” het John vertel. Die Olivia Newton-John Cancer and Wellness Center in Melbourne, Australië, wat kankerlyers help en die Jett Travolta Foundation, wat gestremde kinders bystaan, is die twee organisasies wat sal baat uit die projek. Só berig die Herald Sun.

John Travolta en Olivia Newton-John - Grease

John Travolta en Olivia Newton-John 35 jaar gelede

Die splinternuwe liedjie, “I Think You Might Like It”, waarvan daar pas ‘n musiekvideo gemaak is, is geskryf deur Grease-liedjieskrywer John Farrar en dit word beskou as die opvolgliedjie van “You’re the One that I Want”. Laasgenoemde word beskou as een van die beste duette in die geskiedenis van popmusiek.

John en Olivia op The Ellen DeGeneres Show