dsc02000
Het jy gehoor?

John Travolta se Boeing 707 land in SA – SARIE was daar!

John is hier om die Australiese sokkerspan te ondersteun en gaan Sondag die wedstryd tussen Australië en Duitsland in Durban kyk.

Australië?!
Hy ondersteun ‘the land down under‘ omdat hy ‘n welwillendheid-ambassadeur vir die Australiese lugredery, Qantas, is. Sy vliegtuig is ook in die kleure van Qantas geverf.

John is al van vyfjarige ouderdom gefassineer met vliegtuie en het uiteindelik as vlieënier gekwalifiseer. Hy’t meer as 6000 vlieg-ure agter die rug – wat hom ‘n ervare vlieënier maak.

John het Qantas genader om by hulle betrokke te raak, sê hy. “Qantas het die langste oor-die-water vliegroetes, die mees romantiese roetes en ‘n ongelooflike veiligheidsrekord.”

Hy het net ná 10:00 geland vir sy vyf-dag-besoek en vriendelik vanuit die kajuit gewaai. Later het hy uit die vliegtuig – in sy vlieënier-uniform – geklim en vir ‘n paar sekondes vir die media gewaai. Toe het hy sy vrou, die aktrise Kelly Preston, en hul dogter, Ella, in die vliegtuig gaan haal. Kelly is swanger met hul derde kind (hul seun, Jett, is verlede jaar oorlede).

John, wat veral bekend is vir sy rol in flieks soos Grease en Pulp Fiction, het later ‘n paar vrae by ‘n stampvol media-konferensie beantwoord. Die media-konferensie was skaars 15 minute en tussendeur het hy sy pret-kant gewys en ‘n paar toertjies met ‘n sokkerbal gedoen.

‘n Klomp mense by die lughawe het snuf in die neus gekry van John se besoek en het buite die lughawe-gebou gewag om ‘n kykie na hom te kry. Die selfoon-kameras het gekiek toe hy uiteindelik uitkom en hy’t vir oulaas gewaai.

Vyf vrae aan John Travolta

  1. As Australië in die eindrondte is, gaan jy terugkom om die wedstryd te kyk?
    Ek dink ek sal moet. Hopelik is SA in die eindrondte.
  2. Suid-Afrikaners doen die Diski Dance. Gaan jy ‘n weergawe van die Diski Dance probeer met ‘n “Staying Alive”-twist?
    Ek het die Disci Dance op die internet opgesoek. Ek sien uit om dit te probeer. Dit lyk na pret!
  3. Jy’s mal oor die bosveld. Watter een van die Groot 5 is jou gunsteling?
    Ek is mal oor die kat-spesies. Ek was al vyf keer in SA op safari. Met een besoek het ‘n plaaslike man ‘n mak luiperd gehad. Ek kon nie glo wat ek sien nie. The chills, they were multiplying.
  4. Wat geniet jy van die vlieg?
    Jou aandag word weggevat van jou alledaagse probleme. Dis gesond vir jou kop om te vlieg. Om die wêreld van ‘n ander perspektief te sien, is terapeuties.
  5. Voel jy ooit daardie beeldskone 707 van jou vat die aandag weg van jou af?
    Die heeltyd! As dit nie die aandag van my af weggevat het nie, sou dit ‘n belediging wees. Die 707 is kuns!


  • Sandra Nel

    Ek is gek oor him. Van Grease tot Old Dogs.

  • Andeline

    Sjoe!!!

  • http://fsirxbztzcnq.com/ kypvxllbgf

    ZjJFvl yspnqdlhpavs, [url=http://kqsejopnbdhg.com/]kqsejopnbdhg[/url], [link=http://ghsdrgftmhnj.com/]ghsdrgftmhnj[/link], http://xgiythwqiinm.com/