Het jy gehoor?

John Travolta spog met nuweling

Hulle beskryf hul nuwe seuntjie, Benjamin Hunter Kaleo, as “die beste geskenk” wat hulle moontlik kon kry. Hul 10-jarige dogtertjie, Ella Bleu, is ook in die wolke oor die nuwe toevoeging tot die gesin en het reeds haar rol in die gesin as “mamma-se-hulp” bekend gemaak. 

Aanhangers reg oor die wêreld se hart het na John en Kelly uitgegaan met die dood van hul seun, Jett Travolta, twee jaar gelede. Hy was slegs 16.

Die nuweling het weer vreugde in die Travolta-egpaar se lewe gebring. “Dit het ons werklik opgehef. Veral as hy vir my glimlag en so gelukkig in my arms lyk,” het Travolta aan die tydskrif Hello! vertel.

Lees volledige berig op hellomagazine.com

Foto: Hellomagazine.com, Michael Doven/Getty Images

  • Chrisna Swart

    Baie bly vir hulle!

  • tU8QxA ojvsyvxnxtua, [url=http://vijqxelsochh.com/]vijqxelsochh[/url], [link=http://fcnscdxvatbh.com/]fcnscdxvatbh[/link], http://sjpmtfjsxtfk.com/