tn_johnnyclegg_368
Het jy gehoor?

Johnny Clegg vereer deur koningin Elizabeth

Die legendariese sanger Johnny Clegg het die gesogte OBE (Order of the British Empire) van koningin Elizabeth ontvang.

Johnny, wat in Engeland gebore is, is vereer vir sy liefdadigheidswerk en die rol wat hy gespeel het as aktivis teen apartheid.

Hy het op sy Facebook-blad gesê dis ’n groot voorreg om dié eer en erkenning van die koningin te ontvang. Die 62-jarige sanger skryf ook dat hierdie toekenning hom weer woema gee.

Baie geluk Johnny!

Bron: Times Live

Lees ook