Het jy gehoor?

Johnny de Ridder: Van F*kofpolisiekar na gesinsman

Die kitaarspeler van die Afrikaanse groep F*kofpolisiekar, Johnny de Ridder, het deesdae sy rock ‘n roll-beeld verruil en speel die perfekte pa vir sy twee seuns, Ben (2) en Mathys (9 maande).

Johnny is steeds in die musiekbedryf, al tree hy nie self meer só gereeld op nie. Hy is die vervaardiger van musiekgroepe soos Die Heuwels Fantasties en Jax Panik. Hy is ook verantwoordelik vir die bekroonde klankbaan van die Afrikaanse fliek Die Windpomp, wat verlede jaar uitgereik is.

F*kofpolisiekar tree sedert 2009 net by groot feeste en spesiale geleenthede op.

Sy vrou, Cherine, is betrokke by die webtuiste HeyMama wat fokus op werkende ma’s en hul kinders.

Blaai deur dié foto-album vir foto’s van Johnny en sy pragtige familie

Mathys (9 maande) en Ben (2) FOTO: Instagram

Cherine, Mathys, Johnny en Ben - Wat 'n pragtige gesin! Instagram

Die appel val nie ver van die boom af nie! Instagram

Pa se kind Instagram

Musiek in die bloed! Instagram

Ben en sy vis, Elvis Instagram

Kyk net hoe oulik! Instagram

Mathys en Ben de Ridder Instagram

Lees ook: