Johnny Depp Amber Heard
Het jy gehoor?

Johnny Depp en Amber Heard skei

Net ná die Australiese hofsaak oor hul honde afgehandel is, het die akteur Johnny Depp en sy vrou van 15 maande, Amber Heard, nóg hofdokumente geteken, hierdie keer om te skei weens “onversoenbare verskille”, berig die BBC

Johnny en Amber het in 2011 op die stel van The Rum Diary ontmoet en het ná net meer as ’n jaar se getroude lewe besluit om hul aparte paadjies te loop.

Johnny Depp se vorige verhouding met die Franse sangeres en aktrise Vanessa Paradis het 14 jaar geduur.

Die saak in Australië

Die 52-jarige akteur en 30-jarige Amber was onlangs in die sop toe sy haar twee honde, Pistol and Boo, van Amerika na Australië geneem het sonder om die regte prosedures te volg. Australiese amptenare het gedreig om die honde uit te sit.

Hulle het in April vanjaar in ’n video (waarin albei baie ongemaklik lyk) om verskoning gevra dat hulle nie die land se wette gerespekteer het nie.

Nie ’n goeie tyd nie

Dis nie ’n goeie tyd vir Johnny nie. Sy ma is verelde Vrydag oorlede en hy is besig met bemarking vir sy nuwe film, Alice Through the Looking Glass, wat môre in Amerika begin wys.

Bronne: BBC, Time, People

Lees nou

Grys egskeiding: Ozzy & Sharon

Nog ’n Paryse modehuis werk saam met H&M

Afrika betower Martelize Brink (weer …)