Amber Heard
Het jy gehoor?

Johnny Depp se Amber Heard praat vir die eerste keer oor getroude lewe

Die akteur Johnny Depp is vroeër vanjaar amptelik van die mark af. Sy vrou, die model en aktrise Amber Heard, gesels nóú vir die eerste keer oor hul huwelik, berig Elle

“Niks het dramaties verander nie. Ons is al vir so lank saam, so dit was ’n taamlik natuurlike proses,” vertel Amber in dié tydskrif se Julie-uitgawe. “Ek het ’n báie onafhanklike gees,” hou sy vol. Tog voeg sy by: “Ek raak oor en oor verlief.”

elle

E! News berig dat die beeldskone 29-jarige veel eerder oor haar beroep wil gesels as oor haar verhouding óf hoe sy lyk: “Dit voel asof ek die heeltyd teen my voorkoms moet baklei… dalk omdat ek en Johnny in ’n verhouding is.”

Amber is eersdaags te sien in die fliek Magic Mike XXL, waarin Channing Tatum die rol van ’n ontkleedanser vertolk.

Amber en Johnny het in Februarie getrou.

Bronne: Elle en E! News

Lees ook