FOTO: Twitter  @LilyRoseMelDepp

FOTO: Twitter @LilyRoseMelDepp

Het jy gehoor?

Johnny Depp se dogter die nuutste gesig van Chanel

Johnny Depp se oudste kind, Lily-Rose Depp, is as ’n Chanel-ambassadeur gekies, berig Elle. Sy is die gesig van hul Pearl-brilreeks. 

Dit maak seker nie seer dat die 16-jarige se ma, Vanessa Paradis, sterk bande met dié modehuis het nie. Dan is daar natuurlik ook die goeie Franse gene wat sy geërf het.

Karl Lagerfeld, die kreatiewe direkteur van Chanel, is gaande oor die model se jeugdige en moderne voorkoms: “Sy is ’n jongmeisie van ’n nuwe generasie en het al die eienskappe om ’n ster te wees.”

Lily-Rose het vroeër vanjaar haar modeldebuut in die Australiese tydskrif Oyster gemaak

Kyk hier na die video en sien hoe gemaklik Lily-Rose voor die kamera is.

Bron: Elle

Lees nou