FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Johnny Depp wéér van die mark af!

Akteur Johnny Depp en model Amber Heard het in Los Angeles afgehaak, berig Hello!

Die twee, wat die afgelope drie jaar uitgaan en in 2013 verloof geraak het, is in ‘n private seremonie by hul huis getroud. Hulle gaan glo ook oor die naweek ‘n groter affêre op die Pirates of the Caribbean-ster se eiland in die Bahamas hou.

Sowat 50 gaste word verwag by die partytjie op Little Hall’s Pond Cay. Johnny het die prag-plek met ses strande in 2004 vir $3,6 miljoen gekoop.

Die pasgetroudes het in 2011 op die stel van “The Rum Diary” ontmoet. Johnny het ‘n jaar nadat hy met Vanessa Paradis uitgemaak het, met Amber begin uitgaan. Twee kinders (Rose, 15, en Jack, 12) is uit die meer as dekade lange verhouding met Vanessa gebore.

Johnny en Vanessa het nooit getrou nie, maar hy was wel voorheen met Lori Anne Allison getroud. Johnny het die volgende gesê oor Amber, wat nie voorheen getroud was nie: “Sy is ‘n wonderlike meisie… en baie goed vir my.”

Bron: Hello!