jonty en malanie rhodes
Het jy gehoor?

Jonty Rhodes noem sy dogtertjie India

Dié geliefde Protea-veldwerker se dogtertjie is verlede week in Indië gebore waar Jonty tans die veld-afrigter is van die Mumbai Indians, berig Times Live

Hy en sy vrou, Melanie, het haar India genoem omdat sy in dié land, in die Surya Kinderhospitaal, gebore is. India is op 24 April deur middel van ’n watergeboorte gebore.

Jonty het ná die geboorte sy span sterkte toegewens op sy Twitter-blad: “Sterkte met vanaand se wedstryd van baba-Rhodes, gebore 3:29pm, en sy weeg 3.7kg. Ma en baba is perfek!”

Jonty het twee ander kinders, Daniella (14) and Ross (9) uit sy eerste huwelik.

 

Screen Shot 2015-04-28 at 8.41.44 AM