Joost hou in Oktober 2013 weer die Webb Ellis-trofee vas 
FOTO: Twitter

Joost hou in Oktober 2013 weer die Webb Ellis-trofee vas FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

‘n Lied vir Joost

Joost van der Westhuizen se niggieskind, Sumi Botha, het die rugbyster met ’n kosbare geskenk bederf, skryf Beeld. Lees die volledige berig hier.

SARIE.com het vroeër berig dat Sumi ’n spesiale liedjie vir haar oom geskryf en opgeneem het om hom in sy stryd teen motorneuronsiekte (MNS) te ondersteun. Nou het sy spesiaal na Suid-Afrika gekom om dié lied persoonlik vir Joost te sing.

Sy het die lied, “Mr Number Nine”, gisteraand vir die eerste keer vir Joost gesing by die Laughing Chefs-restaurant in Pretoria.

Die 17-jarige Sumi en haar ouers, Magda en Johann, het al die pad van Perth, Australië, Suid-Afrika toe gekom vir dié doel. Die lied gaan glo ook die temalied wees in ’n rolprent oor die voormalige Springbokkaptein se lewe. Die fliek word na verwagting aan die einde van vanjaar of vroeg in volgende jaar uitgereik.

Joost se broer, Pieter, was ook by Sumi se optrede en het aan Beeld vertel dat dit onder omstandighede goed gaan met die rugbyheld.

Kyk hier na die video van Sumi se lied:

Bron: Beeld

Nóg oor Joost op SARIE.com