• Johannes

    Die les wat mans hieruit leer. Hoer en rumoer so veel as wat jy wil.
    As jy dan uitgevang word, ontken alles ten sterkste, en as die druk te veel word, volg jy die volgende stappe :
    Stap 1 : Jy word vreeslik siek, beland in ‘n hospitaal en verloor ‘n klomp gewig.
    Stap 2 : Hardloop jy gou na die dominee, of oom Angus, of pastoor Raymond, betaal jou skuld. ( Die dominee is mal hieroor want dan kom hy ook vir ‘n slag in die nuus )
    Stap 3 : Jy laat’n boek oor jouself skryf, kry jouself ontsettend jammer in die boek, vra dan almal om verskoning vir alles wat jy aangejaag het, en maak gou ‘n klomp geld uit boekverkope om vir stap 4 te betaal.
    Stap 4 : Skei
    Stap 5 : Trou weer. Hierdie keer met ‘n vuurwarm meisie van omtrent die helfte jou ouderdom, of jonger.
    6) Jaag weer aan ( hoer en rumoer )
    7) Nadat jy uitgevang word en alles ten sterkste ontken, Begin by stap 1.

    Ek kry niemand jammer nie, nie Joost, Amor, Steve ens. nie.
    Dis die arme kinders wat hulle ouers se patetiese sogenaamde glanslewens moet aanskou, en in die aande in hulle bedjies met groot oe le en luister na hulle ouers verbale gevegte.

  • Magdalena

    Johannes, 10 uit 10!! Beter kan niemand dit stel nie…. Hoop net Amor het hom en sy tas al by die deur uitgesmyt!!

  • Nikki

    Amor verdien dit nie – ook nie sy kinders nie – en dit nadat hy hoog en laag gesweer het dit is nie hynie – tipies ! Sy roem dae en glans lewe kan nie opmaak aan sy fans of sy vrou nie – hy moet maar suffer – Amor ek weet die pyn wat jy het – maar fokus op jouself en jou kinders – jy sal die wenner wees in die verhaal en ja Joost sal nog baie spyt wees .

  • Lucia

    Ek wonder hoeveel van ons, JA almal van ons in hierdie land gaan opstaan en vir Joost, Amor hul kids so ook Steve en sy familie onverskoning vra, wie gaan bereid wees om op TV, boeke, koerante en wie wil luister te se ek is jammer,jammer omdat ek jul as my eindom beskou,jammer dat ek jou kinders se lewens verwoes, jammer dat ek my verlustig in jul smart, jammer dat ek jou vrou name noem en dit omdat sy joune is en by jou staan omdat sy vir jou lief is, jammer dat ek jou ‘n jakkals noem en dan nog die genoeg moed het om te se jammer ek ken jou eintlik nie maar ek het myself die reg gegee om my mond uit te spoel oor jul lewens!!!!! Jammer dat ek myself so groot ag dat ek vir jou vrou kan se los hom (en dit dan nog reg kry ook, watter mens kan soveel aanslae verduur)

    Wie het wie die reg gegee om in hierdie mans en vrouens se lewens regter te wil speel???? O ek self want hy speel mos springbok rugby en hy is mos ons beste sanger so dan is hul volksbesit, myne en kan ek se, doen, en vat wat ek wil……..

    Wie gaan opstaan en se dankie, dankie dat jy jou menswees jou talente met my deel, dankie vir die voorreg om na jou musiek te mag luister, en meeste nog dankie aan jou familie dat hul onbaatsugtig toelaat dat ek mag deel wees van dit als…. Read more

    Respek, privaatheid, lojaliteit dit is wat ons as nasie aan hul kan bied!!!!!!!!!!!!!! IS DIT TE VEEL GEVRA???????

  • Tessa

    Ek stem saam met Johannes – dis soos dit is met Joost!

  • Lucia

    Ek wonder hoeveel van ons, JA almal van ons in hierdie land gaan opstaan en vir Joost, Amor hul kids so ook Steve en sy familie onverskoning vra, wie gaan bereid wees om op TV, boeke, koerante en wie wil luister te se ek is jammer,jammer omdat ek jul as my eindom beskou,jammer dat ek jou kinders se lewens verwoes, jammer dat ek my verlustig in jul smart, jammer dat ek jou vrou name noem en dit omdat sy joune is en by jou staan omdat sy vir jou lief is, jammer dat ek jou ‘n jakkals noem en dan nog die genoeg moed het om te se jammer ek ken jou eintlik nie maar ek het myself die reg gegee om my mond uit te spoel oor jul lewens!!!!! Jammer dat ek myself so groot ag dat ek vir jou vrou kan se los hom (en dit dan nog reg kry ook, watter mens kan soveel aanslae verduur)

    Wie het wie die reg gegee om in hierdie mans en vrouens se lewens regter te wil speel???? O ek self want hy speel mos springbok rugby en hy is mos ons beste sanger so dan is hul volksbesit, myne en kan ek se, doen, en vat wat ek wil……..

    Wie gaan opstaan en se dankie, dankie dat jy jou menswees jou talente met my deel, dankie vir die voorreg om na jou musiek te mag luister, en meeste nog dankie aan jou familie dat hul onbaatsugtig toelaat dat ek mag deel wees van dit als….

    Respek, privaatheid, lojaliteit dit is wat ons as nasie aan hul kan bied!!!!!!!!!!!!!! IS DIT TE VEEL GEVRA???????

  • Soekie

    Joost jy het guts gehad om vir almal onverskoning te vra. Dit was reg en jy hoef regtig nie vir al jou sondes te vra nie. Die wat so lekker klippe gooi het dalk baie meer geraamtes in die kas. En verder die twee vroue wat nou so spog met hulself is nie oorwinnaars nie maar wel "common" in baie mense se oë. Hulle dink dalk hulle is oulik om jou nou sleg te maak maar hulle moes hulle maar baie swak gedra het sodat jy vir hulle moes val. ‘n Saak het altyd twee kante. Ek hoop jou vrou kan jou vergewe en dat die berou wat ‘n mens gesien het op Kwêle nie net vir nou was nie. Jy het opgestaan en onthou daar is mense wat erge goed as jy gedoen het. Hulle is net nie in die openbaar soos jy nie.

  • http://beeld.com Hannelie – Worcester

    Al wat ek wil sê aan Amor en Joost, baie sterkte aan julle !!! Julle verdien dit nie om veroordeel te word deur die mensdom nie, ons is nie een God om ‘n oordeel te fel oor ‘n ander nie. Julle verdien dit ook nie om so deur die media uitmekaar getrek te word nie.
    Ek wil net vir almal wat sulke sarkastiese aanmerkings het oor Joost en Amor sê, plaas jou gou self in hul bootjie, dan lewer jy weer kommentaar.
    En aan Charmaine Gail (Weavers), hel jy het nou jou naam met ‘n plank geslaan!! Nou weet die hele wêreld wat se tipe jy is, lees jou bybel, jy mag nie ‘n ander se man begeer nie. Hoekom nou na vore kom? Gedink jy gaan nou simpatie kry! Dink weer.

  • Garnett

    As jy nie sonde het nie, tel n klip op en gooi. Hoe maklik kan ons ander kruisig en dan het ons ook maar geraamtes is ons kaste. Wat is jou geraamte? As die Here ons vergewe, wie is ons om nie mekaar te vergewe nie. Dit is moeilik, maar moontlik.

  • Heila

    Ek stem volkome saam met Johannes – beter as dit kon hy nie dit gestel het nie. Hoop dat Joost nou sy les geleer het. Dat Amor nou eers besluit het om na die video te kyk gaan my verstand te bowe. Ek sou al lankaal daarna gekyk het en my man gekonfronteer het. Maar nou ja, sy het seker haar redes gehad.

  • Tasha

    Ek kry vi Joost vreeslik jammer dis nie reg wat hy gedoen het nie maar maak almal nie foute nie die duiwel daarop uit om gelukkige families uit te wis.Al wat ek kan së is Joost jy het om vergifnis gevra en jy en Amor moet nou hierdeur werk so moet nie worry wat wie se nie dis jul lewe sterkte en ek GLO GOD sal dinge vi jul laat uitwerk. En ek haal my hoed af vi Amore sy’s die most amazing persoon JOOST ek hoop jy het jou les geleer want daar gan nie vi jou nog ‘n kans wees nie

  • Beulah

    Ek stem saam met die wat nie sonde het nie, gooi die eerste klip. My meening is dat Joost en Amor hierdie aangeleentheid self ui verband ruk.
    As jy ‘n koerant of tydskrif oopmaak is hul in die nuus, so ook op die radio en TV. Hou op om die kollig te probeer bly dink aan julle kinders
    dus hulle wat by die skool gespot en geterg aan word.

  • Pierre

    Ek daag enige een uit om hier te skryf dat hy/sy sonder sonde is. Dan praat ons weer.

  • Ilse

    Gun Joost en Amor hulle privaatheid. Hoeveel mense doen nie erger dinge nie. Dit gee niemand die reg om te oordeel nie want die oordeel kom alleen die Vader toe. Ja hulle is beroemd maar dit maak nie van hulle gode nie. Hulle is doodnormale mense net soos ons wat foute maak. Mense dink aan al die druk wat op hulle geplaas word. Laat hulle die dinge tussen hulle uitwerk sonder al die verwyte en al die mense wat vinger wys. Inteendeel skuld hulle niemand ‘n verskoning nie, dit is hulle eie privaat lewe. Ek glo nie een van ons sal daarvan hou as ons privaatheid so geskend word nie. Haal eers die splinter uit jou eie oog voor jy dit uit ‘n ander een sin wil haal.

  • Abri

    Joost en Amor wil hulle seker elke aand dood lag terwyl hulle die dag se geld wat ingerol het oor en oor tel en dink, het ons hulle darem nie lekker uitgevang nie – Is dit darem nie lekker hoe ons nou geld maak met ons toneelspel en die verskriklike verontregte ou paartjie wat nie deur die media uitgelos kan word nie. Die lewe is alles oor keuses, dus hulle keuse om in die media te wees en op die verskillende radio stasies en TV programme te verskyn en die arme verontregtes te wees. Alles net deel van reklame en groot geld. Ry die sensasie bus Joost – as ons dit wil opeet vir soetkoek, skep terwyl dit pap reen.

  • FRANS

    Ek glo hierdie hele ou "show" die laaste paar dae is als regtig werklik net dit, n show!Amor MOES geweet het dit was Joost.Wil sy nou hê ons moet glo sy het nie die video gekyk nie?Wat beken Joost nou?Ons almal het vd begin af geweet dis hy!Ek dink die spullietjie kort dringend geld en die boek se verkope help.Elke 2de tydskrif gryp ook nou nog n soetsappige hartseer verhaaltjie uit die lewe vd arme Amor en die vreeslike Joost….teen n lekker vet prys aan hulle 2!Vra bietjie vir die Teazers girl hoeveel keer Joost haar besoek het!?n Mens kan haar glo aangesien sy van dag 1 af eerlik was!Wat van Charmaine Gayle Josie?Ag nee wat mense julle laat jul vang deur die tweetjies.Hul verdien mekaar.Die een kan nie sing nie en nie 1 van die 2 kan lieg nie!

  • cc

    Soveel mense kan kommetaar lewer, ek dink ook tog die publiek is nie die beste plek om mens se vuil wasgoed uit te hang nie, maar in Amor en Joost se geval is die skade reeds gedoen,, dit gee jul nogsteeds nie die reg om die storie uit te rek nie. Ek kan net nie glo dat jul die arme 2 kinders soveel skade doen om die heeltyd in die nuus te wees nie. Wat jul nou veronderstel was om te doen is om ‘n lae profiel te handhaaf. Soos wat ek die ding kyk probeer jul kyk wie kan die meeste sensasie kry en so ook stop jul al die geld in jul sak. Slegte stories loop mens altyd ver vooruit. Marlene het dit ook nie verdien nie dis waar wat hul se what goes around comes around!! joost sal nooit verander nie.

  • Valencia

    Almal maak foute,wie is ons om te oordeel.Hy val in sy skuld en het om vergifnis gevra.Los nou die egpaar.Laat hulle ,hul eie probleme uitsorteer.Hy was verkeerd en het dinge ontken om sy gesin te beskerm.Daar is vele mans wat dit doen,hul vrouens is maar net nie bewus wat hul mans doen nie.So los vir Joost uit.Ek dink hy het nou genoeg gehad.Sterkte Amor en Joost.

  • http://www.sarie.co.za Lizanne

    Ons kan nie vingers wys nie,want niemand het nie sonde nie.Dit vat guts om haan jouself en die wereld te erken jy het gelieg

  • Henry

    Die storie van Joost word nou hol gery. Die man het gefouteer,ek praat dit nie goed wat hy gedoen het nie, maar almal maak foute. Hy was mans genoeg om dit in die openbaar te erken. Of hy nou baie geld uit dit maak of nie, het dit absoluut niks met ons as mens te doen nie. Hy moet eendag voor Die Almagtige Vader staan en verduidelik. Dit is beslis nie vir ons as mens nodig om hom te veroordeel nie.

  • Glider Killroy

    Joost moet nie nou tjank oor die tjol wat jy aan gejaag het nie. Jy het dit op n gereelde basis gedoen en is nou uit eintlik uit gevang. Jy is n lafaard om alles te ontken het vroeer, en nou soek jy simpatie. Jou g*t my skat nie by nie. As jy maar net weet hoeveel lewens jy vernietig het met jou seks behepheid. Ek sal my dood skaam. En ek glo die helfde vd goed in jou boek is leuens. Jy soek net sensasasie!!!

  • Rita

    Joost, dankie dat jy erken het dat dit jy was. Al wat ek vir jou wil vra is, is die kassie totaal en al leeg? Amor is ‘n goeie mens, en sy het gewys dat sy by jou gestaan het met die kassie en al, sy sal jou ten volle vergewe as jy werklik eerlik is met haar en alles uit die kassie haal. Laat die mense wat kommentaar lewer dat jy hardloop na oom Angus toe of na die dominee toe, los hulle, want hoe weet jy wat is hulle situasie met God? Al vra ek vir jou vra, Joost het jy al vir die Here onverskoning gevra Hy is die een wat jou vergewe en alles van jou weg neem, skuld gevoel, skaamte, menswees, ens Hy sal jou skoon was Joost,vra Hom! Die Here sê elke knie sal buig en elke tong sal belei, Joost het jy dit gedoen? As jy het, mooi man, as jy nog nie, die Here staan met Sy hand uitgestrek na jou toe. Hy sê. Joost, Ek sal jou rus gee! Hoe wonderlik Joost, dat jy kan weet dat jy skoon gewas is. Daarom dan is jy vry verklaar deur God. Joost jy was nog altyd my rugby held, asseblief doen dit vir jouself en Amor en jou pragtige kinders. Vrede bid ons jou en jou hele gesin toe.

  • Angel

    Joost moet jou nie steur aan die slegte praaitjies nie. Almal van ons het al erens in ons lewe n fout begaan van ons was net gelukkig om nie gevang te word nie. Die man het gefouteer,ek praat dit nie goed wat hy gedoen het nie, maar almal maak foute. Dis deel van mens wees. Joost die mense hoef jou nie te vergewe nie, jy hoef nie aan een van ons te verduidelik nie net aan God. As jy dinge in jou hart en met God reg gemaak het sal jy innerlike vrede he. Sterkte ekke weet jy sal die paadjie loop met trane, stress, liefde, haat en n smile. Net solank jou hart reg is met God. "Remember 1 thing ppl love to see other ppl in pain"

  • Rose – Paarl

    Ag jenne! Mens is maar net mens. Joost en Amor, dink aan julle kindertjies, hulle is diegene wat die seerste kry. Vergeet eers die sensasie wat julle albei nou so geniet, en probeer om te red wat te redde is. Dis moeilik om te vergewe, maar eers moet Joost vir God vra om hom te vergewe, en ook homself vergewe voordat hy die hele wereld om vergifnis kan vra. Ook is dit maklik om te vergewe maar moeilik om te vergeet. Ek sal Amor nie kwalik neem as sy vir Joost met ‘n enkel kaartjie maan toe stuur nie.

  • johan

    Joost, Ja dinge gebeur in ons lewe met n doel. Al wat ek vir jou wil se is vergeet wat die mense se. Dit is nou tussen jou en God en Amor. Jy het erken jy het oor die tou getrap. Waarom wil die wereld meer detail he oor wie nog en waar. Vir julle wat die klippe so gooi, ek hoop julle bly nie in glashuise nie. Ja Amor dit is nie lekker om seer gemaak te word deur iemand wat jy in hart en siel vertrou het nie. Glo my met die regte hulp sal jy die seer vergeet. Joost en Amor sterkte vir die toekoms. En julle wat so klippe gooi, hou op en kyk na jou eie lewe.

  • Jolanda

    Ek het vandag eers die video gekyk van Joost. Joost ek wil vir jou en Amor se baie sterkte. God is met jul. God het jou lankal vergewe. Lig jou kop op en wees ‘n instrument in God se hand.