Joseph Gordon-Levitt

Het jy gehoor?

Joseph Gordon-Levitt is getroud!

Die Hollywood-akteur Joseph Gordon-Levitt is getroud, berig People.

Die 500 Days of Summer-akteur het net ’n paar dae voor Kersfees met Tasha McCauley getrou.

Joseph, wat deesdae groot naam vir homself maak, is baie geheimsinnig oor sy privaatlewe, maar het verlede jaar vir die eerste keer erken dat hy ’n meisie het.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Tasha is nie die Hollywood-tipe nie. Sy is die mede-stigter en uitvoerende hoof van Fellow Robots, ’n tegnologie-maatskappy geleë in die NASA Research Park in Silicon Valley, Kalifornië.

FOTO: LinkedIn

Tasha McCauley FOTO: LinkedIn

Die paartjie het glo op 20 Desember by hul huis getrou. Dit is nog onbekend of die foto’s gepubliseer gaan word.

Lees nou