FOTO:  Picture You and Me

FOTO: Picture You and Me

Het jy gehoor?

Joshua na die reën se weergawe van ‘Voshaarnooi’ + foto’s van sy pienkvoet

Die sanger Joshua na die reën sing vir die nuwe film Ballade vir ’n Enkeling sy eie weergawe van die gewilde lied ‘Voshaarnooi’ wat ook in die oorspronklike reeks gespeel het.

Joshua het onlangs sy solo-loopbaan begin nadat hy as Jak de Priester en Bobby van Jaarsveld se agtergrondsanger en klavierspeler gewerk het. Hy het vinnig naam gemaak en het verlede jaar die Ghoema-toekenning vir beste nuweling en kontemporêre album deur ’n mansanger ontvang.

Hy vertel oor dié lied: “Toe Ballade vir ’n Enkeling destyds op televisie vertoon is, was ek nog ’n kleuter, maar die belangstelling in die reeks van ons ouers se kant af het oorgespoel na ons toe.  Ek onthou vaagweg waaroor die storie gegaan het, maar wat ek soos gister onthou is die tydlose musiek wat die reeks uniek gemaak het. Dit is ’n voorreg en eer dat die span agter Ballade vir ’n Enkeling  my hierdie geleentheid gegee het om Voshaarnooi te kan sing.”

Joshua na die Reën, oftewel Jacques de Villiers, en sy vrou, Danél, wat in 2012 getroud  is, het verlede jaar ouers geword. Hul eersteling, Anán, se naam beteken “wolk”.

:)

A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Gereed vir die strand☆ #VatJouKindSaamHulleHouOokVanDingeSaamJouDoen #7wekeEn6dae A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Anán se eerste seesand voete

A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Donnalee Roberts speel een van die hoofrolle in Ballade vir ’n enkeling, wat vanaf 20 Maart 2015 in teaters begin draai.

Lees wat sê Donnalee oor dié rol én gebroke liefde in die Maart-uitgawe van SARIE. Nóú op die rakke!

Donnalee Roberts Maart 2015