FOTO: Lupita Nyong'o is Raksha in The Jungle Book

FOTO: Lupita Nyong'o is Raksha in The Jungle Book

Het jy gehoor?

Jou fliekgids vir die week: 22 April – 29 April

Elke week gee ons vir jou die lys films wat vandag begin draai, watter flieks steeds te sien is en dié waaroor ons opgewonde is. Die lug raak al hoe kouer en die lus vir iets buite doen, al hoe minder. Jy kan dus jou naweekplanne net hier vind.

Hierdie flieks begin vandag in teaters speel:

Demolition

Ons is verskriklik opgewonde oor hierdie fliek, en nie net omdat Jake Gyllenhaal die hoofrol speel nie. Hy speel die rol van Davis Mitchell, ’n beleggingsbestuurder wie se vrou oorlede is. Hy vind ’n manier om weer van vooraf te begin; en dít is om alles eers af te breek.

Kyk die lokprent hier:

Irrational Man

Woody Allen is die skrywer en regisseur van Irrational Man. Eg aan sy styl is daar ’n kombinasie van donker humor en ligter oomblikke, maar ook die soeke na antwoorde op diep vrae. Hier soek ’n filosofieprofessor, gespeel deur Joaquin Phoenix, die betekenis van die lewe en een van sy studente, vertolk deur Emma Stone, speel ’n belangrike rol in dié soeke.

Hier is die lokprent:

The Huntsman: Winter’s War

Charlize Theron, Emily Blunt, Chris Hemsworth en Jessica Chastain is die groot name wat in dié aksiebelaaide fliek te sien is. The Huntsman is nog nie goed ontvang deur resensente nie, maar as jy graag vir Charlize Theron in die rol van die bose koningin wil sien, maak seker jy kyk dit!

Suid-Afrikaanse films:

Hierdie Suid-Afrikaanse films is ook by teaters te sien. Verskietende ster begin vandag in teaters wys en Sink en en Vir Altyd wys nog by enkele teaters. As jy nog nie dié twee prent gesien het nie, maak seker jy gaan kyk dit voor dit nie meer draai nie.

Verskietende ster

Modder en Bloed

modder en bloed

Happiness is a four-letter word

Happiness is a four letter word

Sink

Sink movie

Vir Altyd

vir altyd poster

Opgewonde oor:

Uitstekende flieks wys reeds by die loket. Die wêreld gons oor The Jungle Book, Spotlight, The Dressmaker, The Big Short, How To Be Single, en High Strung.

The Jungle Book

Spotlight

Spotlight poster

Dressmaker

DressMaker poster

The Big Short

TheBigShort poster

How to be single

how to be single poster

High Strung

Lees ook: