FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Jozua Malherbe en Rolanda Marais verwag

Een van ons voorbladsterre* Rolanda Marais en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, verwag hul eerste kind. Dié twee het in Februarie vanjaar by Old Mac Daddy op Elgin in die Wes-Kaap, getrou. Net soos die troue deel hulle hierdie nuus eksklusief met SARIE.

Rolanda is vyf maande swanger en hul babadogtertjie word vroeg in Desember verwag.

“Ons het dit nie beplan nie. Aanvanklik was ek nogal onkant gevang. Maar noudat ek gewoond is daaraan, is ek baie opgewonde oor die journey. Daar moet ʼn rede wees hoekom mens nege maande swanger is. Dit gee jou genoeg tyd om gewoond te raak aan die lewe wat in jou is. As jy na die sonar kyk en jy sien die handjies en die voetjies, is dit baie cool, dis baie spesiaal.

“Ons het gedink ons sal ná ons troue eers ʼn jaar wag voordat ons met ʼn gesin begin. Tegnies was ons net terug van ons wittebrood af, so 3 of 4 weke, toe ek swanger geraak het.”

“Ek sou dit nie sonder Jozua kon doen nie. Wel, obviously nie, maar sonder hom spesifiek. Hy maak my kalm en hy gaan ʼn ongelooflike pa wees.”

- Rolanda Marais

“Ek is baie opgewonde. Ons sien baie uit na die nuwe avontuur van ons kind!” sê toekomstige pa Jozua.

FOTO: Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

Die volgende stap is die babakamer, en die mense in dié twee se lewe is baie opgewonde. Veral omdat Rolanda ook bekend is vir haar goeie smaak.

“Ons het nog nie met die babakamer begin nie. Ons het nog net ʼn kinderwaentjie. Maar die kamer sal nie ʼn tradisionele babakamer wees nie. Ons sal seker oor so twee maande daarmee begin.”

Rolanda en Jozua dink aan ʼn familienaam. “Ek hou van die tradisie, want dit gee onmiddellik vir die klein mensie ʼn sin van identiteit en dat sy êrens hoort,” sê Rolanda.

* Rolanda is een van SARIE se top-voorbladverkopers.

Lees nou

FOTO’S: Rolanda en Jozua se Turkse wittebrood

FOTO’S: Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue

FOTO: Desiré Gardner se baba is hier!