FOTO Jacaranda FM

FOTO Jacaranda FM

Het jy gehoor?

JP Keyter hou van uitdagings

Hy is mal oor sport en altyd reg vir ’n bord breyani. Die afgelope paar jaar kuier JP Keyter weeksaande in Suid-Afrikaanse huise as sportaanbieder van eNuus. Maar deesdae het hy ook ’n nuwe rol: sportaanbieder op Jacaranda FM se ontbytprogram.

Op 1 Junie het JP oorgeneem by die gewilde sportaanbieder Robbie Kruse. Robbie het sy vroeë oggende vir laat middae op 5FM verruil.

“Robbie het diep spore gelos. En jy kan nie sommer sy voetspore volstaan nie. Daarom het ek besluit om net myself te wees. Dis ’n voorreg om deel te wees van dié dinamiese span,” het JP aan SARIE.com gesê.

Hy is omtrent verwelkom op dié ontbytprogram. ’n Lewende kobra is op die tafel losgelaat en JP het skoon gegil van paniek.

“Ek is vreeslik bang vir slange! As ek nie maniere gehad het nie, sou ek daar uitgehardloop het en sommer ’n paar vloekwoorde losgelaat het,” vertel hy laggend verder.

Kyk die snaakse oomblik hier:

JP, ’n boorling van Uitenhage in die Oos-Kaaphet nie voor die radio grootgeword nie. Maar sy liefde vir rugby het hom oortuig om sport op TV en radio aan te bied.

Maar hy het nie onmiddellik sukses behaal nie.

“Ek is by sewe stasies reject voor ek ’n kans gekry het. Maar dit het my geleer hoe om aan te hou en in myself te glo!”

En met Saterdag se rugby, wie gaan wen? “Definitief die Bokke! En dis nie oor ek dit moet sê nie.”

FOTO: Jacaranda FM

FOTO Jacaranda FM

3 Vrae aan JP

Gunsteling- Afrikaanse woord: “Ek het twee woorde. Poenankies, wat oulik beteken. En stuitig!”

Gunsteling-gereg: “Lamsbreyani! My vrou maak lekker breyani, maar daar is niks so lekker soos om die ware jakob by ’n Indiese restaurant te eet nie.”

Boek op jou bedkassie: “Ek lees nou The Millionaire Master Plan deur Roger James Hamilton.”

Ons sien uit daarna om vir lank nog na JP te luister.

Besoek afrikaans.com, wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan groot pryse wen!

Hiker 1667 x 833

 

Lees nou

Prinses Charlotte – gaan ons haar sien?

Ryan Gosling: ‘Ek is soms 47% vrou!’

Maria Sharapova baklei terug