FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Juanita se dogter, Franja, deel goeie nuus

Franja du Plessis het pas die omslag van haar eerste album bekend gestel. 

Franja tree gereeld op saam met haar superster-ma, Juanita du Plessis, en ook met haar broer Ruan. Sy het al in 2013 aan SARIE.com vertel dat sy aan haar album werk en het die omslag vandag met haar aanhangers op Facebook gedeel.

Sy skryf dat dit harde werk geverg het om haar eerste album bekend te stel. “Hier is dit nou! Ná baie maande se harde werk en baie jare se wag, my HEEL eerste album, ‘MY VERHAAL’, se omslag! Ek kan nie beskryf hoe opgewonde en dankbaar ek is nie! En ek kan nie wag om my musiek met julle te deel nie!!! Kyk uit vir hom van die 24ste Junie af in die winkels beskikbaar!”

 

13406857_644436375715508_8202961589522796130_nFranja is nie net ’n sanger nie en het in 2013 die rol van Marna de Jager in As jy sing gespeel. 

Dié rolprent wemel omtrent van die sterre. Buiten Bobby en Karlien van Jaarsveld is Bok van Blerk, Hanna Grobler, Katlego Maboe, Robbie Wessels en selfs Naas Botha daarin te sien.

Maar Franja het nie teruggestaan vir een van hulle nie.

“Ek moes vinnig leer om uit my dop te kruip. Dis nogal intimiderend om ewe skielik ’n kamera in jou gesig te hê en te act. Ek moes ook leer om nie om te gee oor wat mense dink nie. Want op stel kan jy nie regtig omgee nie. Ek moes gemaklik word voor die kameras.”

Franja du Plessis FOTO: Leana Clunies-Ross

Franja du Plessis FOTO Leana Clunies-Ross