juan
Het jy gehoor?

Juanita du Plessis se mediese besluit

Juanita du Plessis het vanoggend getwiet:

Het vanoggend my oë laat laser.. Was vrek bang, maar dit was glad nie seer nie! Moes dit al lankal gedoen het!! So, nou moet ek myself bietjie rustig gedra.. X

SARIE se gesondheidsjoernalis, Lydia van der Merwe, het self hierdie prosedure gehad en deel haar ervaring daarvan:

Ekself het die laat doen en kan dit aanbeveel. Dis soos spookasem eet. Ek het terselfdertyd ’n lensvervanging gekry, so myne was meer ingewikkeld en steeds was dit baie min moeite vir wonderlike resultate: ‘n Lewe sonder ’n bril.

Beskerm jou oë met stylvolle sonbrille uit die SARIE-winkel!

Gooi jou bril weg

Ná jare se sukkel met brille en kontaklense, kan jou sig wonderbaarlik herstel – soms tot 100%. Met die jongste tegnieke in laser-oogchirurgie is daar min mense wat nie gehelp kan word nie.

Dis ‘n uitkoms as jy sportief is, ‘n werk doen waar ‘n bril in die pad is — of bloot nooit vrede met joune kon maak nie.

Jou kornea (of horingvlies, die deursigtige, sirkelvormige deel voor aan jou oogbal) en lens werk saam om ligstrale op jou retina aan die agterkant van jou oog te fokus. Jou retina omskep lig in elektriese impulse. Dit word na jou brein gestuur wat die beeld interpreteer. En jy sien.

Versiendheid (jy sien goed ver sien maar voorwerpe naby jou is dof), bysiendheid (jy kan nie ver goed sien nie), en astigmatisme (jou kornea is ovaalvormig en nie rond nie), word refraksiefoute genoem. Ligstrale fokus dan nie op jou retina nie: Dis omdat die vorm van jou oogbal of kromming van jou kornea verkeerd is. Keratotomie is die regstelling van refraksiefoute deur die ronding van jou kornea met ‘n skalpel of laserstraal af te plat.

Daar is risiko’s, maar min. Dit sluit in moontlike infeksie en die kans dat jou kornea beskadig word.

Gereelde vrae

1. Is dit pynlik? Jy het tydens chirurgie min of geen ongemak nie. Jou oë word met druppels verdoof en jy is heeltyd wakker. Jy gaan dieselfde dag nog huis toe. Jy oë kan ‘n dag of twee  krapperig, rooi, geïrriteerd en ligsensitief wees.

2. Kan albei my oë gelyk gedoen word? Die meeste mense verkies dit. Jy kan ook eers aan jou een oog laat werk en later aan die ander een.

3. Sal ek dadelik kan bestuur en gaan werk? Jy kan so een tot drie dae daarna bestuur. Die meeste mense gaan twee tot vier dae ná die prosedure terug werk toe.

4. Is dit permanent? Sommige mense wat perfekte sig ná die chirurgie het, vind dat een of albei oë mettertyd weer effens bysiende raak. Dit kan met nog laser, ‘n bril of kontaklense reggestel word.

5. Kan my sig ná die chirurgie swakker wees? Ja, as daar komplikasies is. Dit gebeur egter baie selde.

6. Kan ek vandag by ‘n kliniek instap en dit laat doen? Nee. Sekere toetse moet voor die tyd gedoen word. Dit sluit ‘n volledige ondersoek in om te bepaal of jy nie ‘n oogsiekte het nie. Daar word ook bepaal wat jou oog se presiese fokus-afwyking is. Moenie voor die ondersoek kontaklense dra nie.

7. Langtermyn-effek? Die word sedert 1987 gedoen en die langtermyn-effek is nog nie beken nie.

8. Sommige mediese fondse betaal daarvoor, afhangende van hoe swak jou oë is.

Is dit vir jou?

Dis nie vir almal geskik nie. Jy moet bo 20 wees. Jou visie moet minstens ‘n jaar lank stabiel wees. Jy moenie siektes van die kornea en retina, soos gloukoom en katarakte, hê nie. Dis nie geskik as jy swanger is, binne ses maande wil swanger raak of borsvoed nie. (Jou oog-refraksie kan tydens swangerskap verander.) Of as jy ‘n siekte het wat jou immuniteit onderdruk (soos MIV of gewrigsrumatiek) nie. Ook nie as jy net ‘n leesbril dra nie.

Kontak:

SA Oogkundige Vereniging: 011 805 4517
Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes: 012 452 3811

UIT: SARIE, Februarie 2010

Alles wat jy moet weet om van oog-gesonheid. Van grimering tot brille tot sonlig!

Ander sterre wat al laser-behandelings ondergaan het:

Brad Pitt (regs)

Die voormalige Spice Girl Mel B

Jessica Simpson en haar sus Ashlee Simpson

Courtney Cox

Cindy Crawford

Brad Pitt
Nicole Kidman

Nicole Kidman (links)

Elton John

Brooke Shields

Tiger Woods

  • wendalls

    ag kom aan sarie vertel ons ander nuus wie wil nou weet of j du plessis kamstig so n groot mediese besluit neem boring ,,,,,

  • Ina Wessels

    Ek sou dit ook graag wou doen, maar kan dit nie bekostig nie.

  • Bianca Wright

    Ek het die SMILE Laser saam met Keratotomie laat doen n maand gelede, is net spyt ek het dit nie vroeer in my lewe laat doen nie. Dit is fantasties, die ervaringbwas absoluut pynloos en diens onverbeterlik. Ek kan sien,,,,,,,

  • Barbara

    Waar kan ‘n mens uitvind wat die laser behandeling kos

  • Hugo

    My ma het n soortgelyke operasie laat doen was wonderlik en 5 jaar later amper so blind soos n mol. Nou kan niemand niks vir haar doen nie.

  • Alida Müller

    My man het sowat twee maande gekde beide sy oë laat doen. Laser gedoenen beide oë se lense is gedoen. Alle mediese fondse word vilgens wet verplig km vir die prosedures te betaal. Dit word as ‘n P & B geklassifiseer omdat almal die reg het om te sien. Dus mag die mediese fondse as dit lewensbeddeigend is nie weier om dit te betaal nie. My man is 49 en albei oë was oortrek met katerakke. M a w jul inligting rakende laser met katerakke is nie reg nie. Dit kan gedoen word as jy katerakke het. As albei oë gedoen word word dit nie gelyk gedoen nie. Dit wird een week uitmekaar gedoen. En as jou nuwe lense dof raak, gaan jy gerug en dit word met kaser skoongemaak. .

  • Alida Müller

    My man het sowat twee maande gelede beide sy oë laat doen. Laser geoen en beide oë se lense is gedoen. Alle mediese fondse word volgens wet verplig omvir die prosedures te betaal. Dit word as ‘n P & B geklassifiseer omdat almal die reg het om te sien. Dus mag die mediese fondse as dit lewensbedreigend is nie weier om dit te betaal nie. My man is 49 en albei oë was oortrek met katerakke. M a w jul inligting rakende laser met katerakke is nie reg nie. Dit kan gedoen word as jy katerakke het. As albei oë gedoen word word dit nie gelyk gedoen nie. Dit wird een week uitmekaar gedoen. En as jou nuwe lense dof raak, gaan jy gerug en dit word met kaser skoongemaak. En mense wat sê dat hulle weer amper blind raak, is agterlosig. As jy nuwe lense het moet dit skoongemaak word deur ‘n binnige laser behandeling wat ‘n paar sekondes duur.

  • marthe v zyl

    my laser operasie is gedoen agv katerakte. Ek was bysiende kon sonder n bril lees, naaldwerk doen, ens. Bestuur was effens moeiliker omdat ek nie die padtekens mooi kon lees nie. Na die laser kon ek nie sonder n bril lees nie (dr het gese ek het nou lang oe) maar my visie vir bestuur, en ander werkies was 110persent. Ek is so bly ek het dit laat doen, dit het my hele lewe verander. Ek kan dit met alle eerlikheid aanbeveel.

  • DRIKA FOURIE

    JA. DIT IS SO . EK IS NOU WEER TERUG OP ‘N BRIL…..

  • deidre

    ek het dit ook 5 jaar terug laat doen en my oe het nou effens verswak, maar nie naastenby soos dit was nie. die operasie self is nie seer nie, maar as die lewe terug kom en jou oe krap, is dit vrek seer. dit gaan gelukkig so gou verby en die lekker van jou oe oopmaak en jy kan sien, is awesome. sal dit beslis aanbeveel.

  • Susan

    Ek het die laser prosedure in 1996 gekry vir altwee my oë, intussen swanger gewees, werk op ‘n rekenaar en ek sal die prosedure definitief weer laat doen indien eendag weer nodig..

  • Charmaine

    Wens ek kon dit vir my dogter doen maar nie die geld vir dit nie en kan ook nie medies bekostig nie. Ek is baie bly dit het goed afgeloop vir jou Juanita. Word gou gesond ons Bid vir jou.

  • Anna

    Ag kom nou Wendalls, gaan lees ‘n ander tydskrif.

  • Cat

    Ek weet nie of dit as ‘n ‘mediese besluit’ kwalifiseer nie. Angelina Jolie het ‘n mediese besluit geneem, miljoene mense laat hulle oe laser. Dit is ‘n praktiese besluit wat jy kan neem as jy geld het om dit te betaal. Kosmetiese besluit of geriefsbesluit sal ook kwalifiseer. Ek weet nie wat met Sarie aangaan nie, alles word gesensasionaliseer (as daar so woord is).

  • Mary

    Mediese besluit? Ek dog dit gaan oor iets ernstig soos haar kind se hartprobleem. Laseroperasies is mos lankal nie meer iets ernstigs nie.